Thursday, November 8, 2007

Die aanloop

Eishhhh...., nee,........ nog bietjie meer eishhhh..... (afgesaag)

Heng, ek voel soos 'n Noorkapper walvis uit die Baltiese see. Kom ons tjol nou nie met mekaar nie.... is dit waar hulle voorkom? Is die Baltiese see vir walvisse? Ek weet nie - wat ek wel weet is 'n hele paar dinge wat ek agter gekom het in hierdie tyd van stilte (van my kant af) Die Noorkappers - hulle kan mos wegduik en wegraak vir paar dae aan een as hulle bedreig voel. Seg ek nou. Ek dink dis hulle, anders mis ek nou die hele punt.

Wat ek eintlik bedoel is dat ek maar besluit het om weg te raak na die eerste aanvanklike rondte pos, wat ek daar kwyt geraak het oor die blik wurms is nie naastenby beskrywend van die reaksie wat ek gekry het nie. Niks vrot nie, net so baie kommentaar en spontaniteit! Dit het regtig die soetste verwagtinge oortref. (Stoutste jaag by my aardige herinneringe op en daarom gebruik ek nie graag die vergelyking nie!)

Honderd en tien dinge wat ek wil sê in vyf woorde - dit gaan nie werk nie.....

Krap sommer rond hier aan die einde van die kommentaar. Wat is soet en wat is stout? Laat ek eers so antwoord - Ek sê nou die dag vir iemand met wie ek baie lekker gesels nou se dae, ek was nie so stout soos almal my wou toedig nie. Ek het maar net gemaak of ek balhorig was, sielkundiges sal seker sê ek het aandag gesoek. (Renoster met 'n dik vel - dik gatvel later, ja!) Terug by die Noorkappers..... ek het nie regtig weg geduik, weg gehardloop of weg geraak met die begin van die reunie reëlings nie. Dit was RWC en FYK, ook nog TRD, o, ja ook MNR en al sulke dinge..... (Ek weet net van RWC - die res is sommer uitgesuig) Dinge was bietjie dol hier met die Wêreldbeker en ja, Karel, ek is steeds die dinges in dat jy my nie gebel het nie. Ons kon saam op Parc de Princes gesit het. (Was die ooreenkoms dat ek jou moes bel? - dan vra ek om verskoning!) Ek hoop jy en jou seun het dit geniet. Die atmosfeer was great en iets wat ons vir altyd sal koester.

Dinge was onbeskryflik dol die afgelope ruk, dog, geen askuus vir die lang stilswye... (ekskuus is te persoonlik) By gesê, toetse met sekere konsepte hoe om die reunie te kommunikeer het uitgeloop op die beste en lekkerste kommunikasie in 'n lang tyd met 'n paar mense. Dit al reeds is vir my so spesiaal dat 'n reunie nie eers nodig is nie!

Die reaksie en terugvoer wat ontvang is, was/is verstommend na 25 jaar. Hoor en verstaan julle dit? Na 25 jaar! Heng - daar is ernstige behoeftes onder ons mense jong! Genoeg melodrama.
Waar gaan ons heen en wat gaan ons maak? Waar is die grootbek wat gesê het 'n paar dinge kan gereël word teen sekere datums? Ons eerste spertyd (soos voorspel deur Bester) is reeds verstreke. Einde Oktober is steeds nie die verwagte poslys op die tafel gesit nie. Wel, darem nou eers die eerste week van November, dit moet nou, of anders nooit - ek is vir die volgende week uitstedig en daarna bietjie opgevang met klomp dinge by die werk. Ons moet darem nog geld verdien om brood en melk op die tafel te kan sit. As ons ons oë uitvee is dit middel Desember en dan mis ons die bus heeltemal. So, aanvaar hierdie soos hy kom.

Niks groots - niks spesiaals, al wat ek vra.... gryp mekaar, debateer en kom ons maak hierdie ding werk vir middel vlg jaar!

Ei, jei, jei, jei, jei..... ek val met die verkeerde huis in die deur, seker maar eie aan die simpelgeid(t), ons moet begin by die begin. Ek het klomp dinge probeer wat gaan werk vir almal, toe agter gekom niks werk vir almal nie. (Danksy goeie advies, uit twee oorde - die Woestyn en naby die Outback) Eers website, toe Facebook, en nou blogger! Dit lyk half asof blogger die maklikste gaan werk met 'n bietjie van "fine tuning" vir die wat nie toegang het nie. (Gemeng met gewone e-pos)

Ek verduidelik: Hierdie "site" word genoem: http://www.boepensenblom.blogger.com/ Boepens vir die manne wat nou al aanstap in die jare, en blom vir die vroue wat ek nou al gesien het wat regtig blom in hierdie tyd van hul lewe! Dis regtig spesiaal om te sien hoe die vroue die lewe kan roer en steeds kan blom. Vroue wat sandduine ry, petrol maak, wat marathons hardloop en hoogste pieke uitklim, apteke winsgewendheid bedryf ten spyte van Manto...... Nylstroom se water was nie so sleg nie! Verder - vroue wat deur die hele tyd net hulself gebly het!!! Ja, met drie uitroeptekens. Elke een wat in '83 op Nylstroom in St 10 was is baie spesiaal. Verder nog, vroue en manne wat besluit het om te blom en boepense te kry ten spyte van hoe die lewe ons almal gekonfokureer het? (Ek weet nou nog nie of dit reg gespel is nie. Wag steeds op 'n antwoord...., !)

As ons nie gaan begin om kommentaar teenoor mekaar te lewer nie, wie gaan dit doen?
Alle geval, terug by boepensenblom.blogger.com - dit voel goed op die tong en val sag op die oor. So, tensy iemand anders met 'n ander voorstel kom om dit te verander, sal dit maar so wees.
Om te praat oor om dinge te wil verander - hoe dinge gaan werk: Almal is uitgenooi vir toegang tot die "site" en almal op die poslys kry outeurskap op hierdie "site" - betekenende, almal wat uitgenooi is kan skryf en sê wat hy/sy wil. Dit bly egter in ons groep en ander mense kan maar net lees en dop hou. Die admin gedeelte van die blog sal maar hiervandaan (my IP adres - of ook pos adres) gehanteer word en enige een wat iemand of iets wil byvoeg of iets wil verander(wat nie gewone kommentaar is nie) kan die versoeke hiernatoe stuur vir byvoeging of verandering. Ek sal maar gereeld vir almal ook hiervandaan af copy en paste en dit dan per e-pos ook stuur sodat almal op hoogte kan wees. By gesê: ek DINK dis hoe dit gaan werk, sal maar sien.

Barry, ek het jou mail baie waardeer, dadelik reg om planne te maak en voorstelle te gee. Ek waardeer dit regtig. Moet nie huiwer om hierdie plek vinnig in die bek te ruk en te sê waar dit nie reg is nie. Jy klink na 'n goeie organizer en asof jy kan raak vat, help asb, en stoom voort!
Gaan jy omgee as ek jou mede "administrator" maak van die blogsite?

Paar drome en gedagtes van my kant af vir hierdie blog en ook vir die reunie:

dat ons almal mekaar sal verstaan en aanvaar soos ons is. Simpel en vol foute... ons is maar net mense. Ek is reeds, vandat hierdie van stapel gestuur is, verskeie keer met die hele been (never mind die voet) in die mond gevang! So, byvoorbaat verskoning wat nog gaan kom.

dat ons reunie wil hou sonder enige voorbehoud om te "judge" (ek kon nou nie vinnig aan die Afrikaanse woord kom nie)

dat ons respekte sal hê vir en teenoor mekaar en mekaar se standpunte, dog steeds mekaar sal druk om kommentaar te lewer om hierdie blog aan die gang te hou en nie net eensydig 'n geblabber te lees nie - die gedagte moet wees om baie te deel op hierdie "site".

dat ons 'n lus en opgewondenheid sal kweek om die reunie by te woon en dit te geniet sonder enige voorbehoud en sonder enige pretensie.

(Ek kry nie "tabs" gewerk op die blog nie - dalk kan iemand my help?)

Soos ek gesê het: ek is vir die vlg week uitstedig, maar dit sal goed wees om enige kommentaar in die tussentyd te sien. Al is dit net - hou op tjol praat Bester en kry die reëlings agter mekaar.
Wat stel julle voor? Erens nie te ver van die dorp maar met die nodige geriewe? Met dit gesê - dis nou nie 'n voorstel nie dis net 'n gedagte met kriteria. Jarries het reeds met 'n puik gedagte gekom maar ons sal nog uitvind hoe ver van die dorp dit is - Thaba Monate. Ek weet Jarries sal laat weet, hy is nie soos ek wat alles in die lug laat hang nie - dit klink asof hulle die vorige keer daar geniet het. O ja, hy het ook die Griekse Eilande voorgestel - nie te ver van sy hoofkantoor af nie!

Anders moet ons seker maar die most obvious, soos Weesgerus of Stokkiesdraai ook oorweeg? Ek was redelik lanklaas by enige van die plekke en het nie 'n idee wat in die omgewing aangaan nie. Iemand gee lig en leiding asseblief! Ek weet mense soos Marléne hulle sou dit nou weer êrens in die boendoes wil hou... Elsie op die hoogste berg.....

Wanneer - miskien Julie se kant soos Marléne en Jarries aanbeveel het? Klink vir my goed.
Sommer so uit die heup uit - onthou, ons gaan baie mense wees met verskillende opinies, ons gaan tot stemming oor en die meerderheid se wil sal geld - tipies SA. Hoop net die meerderheid het meer common sense as die meerderheid in SA! (Ouch! - vir die wat verstaan, vir die wat nie verstaan nie - dubbel ouch!) Moet dan ook asb nie te krities wees oor die reëlings en hoe die dag (dae?) gaan uitdraai nie. Kom ons judge nie, kom ons geniet net!

O, ja. As die stemmery ewe veel uitdraai - wat dan - Elsie se vote tel vir twee en haar besluit is bepalend. Hoekom so? Ek het nou die dag haar foto in die Weg gesien en was baie jaloers. Soveel te meer omdat ek die einste uitgawe gebruik het vir 'n foto van ons staptocht in BE. Enigste rede, nee, nie eintlik nie, - eintlik kruip ek bietjie gat vir lekker gesels, Elsie. Ek en jou vriendin praat juis so lekker!

With this, the playing field is set! (Sê ek jou nou, Jakes!) Wonder wat het van baie van die onderwysers geword... my opinie, die wat wil saamkom, is meer as welkom. Laat weet maar. Drie mense wat my baie na aan die hart lê wat nie meer in matriek daar was nie, Daleen Greeff (Hansen), Amorita Malan en Van der Merwe - kan nie meer sy naam onthou nie - was iets Kaaps soos Van der Stel of iets, maar ek onthou dit was nie 'n dubbel van nie.... Natuurlik nooi ons hulle ook uit en enige iemand anders wat ek dalk mis. Wat het van Jaco van der Merwe (nie boonste Van der Merwe) geword nadat hulle Amerika toe is?

Genoeg gepraat vir eers. Hier is die lys van addresse wat ek nou het. Vir almal wat dit bymekaar gemaak het en vorentoe nog ander gaan bymekaar maak, hartlik bedankt en doe zo voort.

By die adresse wat net afkortings of name of vanne is, gee ek meer besonderhede agteraan sodat ander nie ook met hul voet in die mond gevang word nie..... Ek deel 'n paar van my gedagtes by name, hopenlik stimuleer dit dat ons meer gedagtes deel. Punt wat ek wil maak is: neem deel en maak die reunie spesiaal.

m.vanvuuren@oryxgtl.com.qa Marléne (Fourie) Say no more, well maybe a little, 'n vrou wat kaalvoet oor die Drakensberge kan stap, net jammer sy sit in die woestyn! Baie spesiaal.
pieter.dutoit@firstlink.co.za Jy bly stil oor die Piet Brandewyn dae gehoor! Heng, die kameraadskap was darem lekker, mis jy dit ook partykeer?
sj.pretorius@isithombe.co.za Jou Simpel Pretorius - hoekom het ons uit mekaar gedryf? Wat het gebeur? As dit my skuld is vra ek vergifnis, as dit maar die lewe was, kom ons skop.... As ek reg kan onthou is jy mos die aangewese tegnologiese reus om te help? Gee raad asb. (Ek verwag 'n antwoord terug soos: "Pasop ek bliksem hard!")
barry@finanz.co.za van Vuren - Ek onthou nog altyd, met die een "u". Snaaks hoe mens party dinge kan onthou en ander dinge vergeet. Sal goed wees om Louis ook aan boord te kry. Waar is Patrick Scannell? Ek weet hy was op 'n stadium in LTT.
gvdw2@mweb.co.za Gerhard van der Westhuizen, ek het nou die dag vir Thomas Gunning op 'n lughawe raakgeloop, ook 'n dokter in Pta, het jy nie sy besonderhede nie? Moet net nie dat ek agterkom jou ontvangsdame gaan op ons mail reageer nie. Ek weet jy is besig - gee ons vyf minute, once in a while?
jv106@mweb.co.za Japie van Deventer. "Hier volg my inligting soos versoek" - wat se tjol is dit? Wie antwoord reunie pos so? Heng ou Jaap, dink baie aan jou deesdae. Dankie dat julle die troue bygewoon het. Ek dink heeltyd nog aan jou pa - hom laas jaar laas gesien - hoe gaan dit met hom? Vra hom asb om sy knie te olie en die een and vir ons ietsie te kom lees en sê. Dit sal spesiaal wees. Hoe gaan met Adder hulle?
johan.vanwyk@momentum.co.za Damwal - jou blik...l, praat van verdwyn, jy skuld big time! Ek het een aand (oggend?) baie verlang na mense wat ek nie meer eintlik ken nie. Dit was by Eastwoods. Sê niks meer, ek het jou nommer gebel wat ek al die jare bewaar het, maar niks.
adelange@cbi-electric.com Cornelius (Jakkals) en Amanda (Schoeman) Nylstroom se water is romanties gewees. Ai, Amanda, ons was dan bokke uit dieselfde wei, Vlakte kinders. Ek en Jakkals was jonges uit die koshuis. Dis alles dinge en plekke wat mens nooit kan uitvee nie. Dis spesiaal.
EBezuidenhout@momentum.co.za Elsie van Wyk, jou foto in die Weg het my uiters jaloers. Eintlik nog bietjie meer. Die karakter wat jy uitstraal drup.... As jy lus is vir Mont Blanc, nie so ver van ons af nie. Is jou gedagte dalk die vyf hoogstes....? Dink die "mindset" is dieselfde. Iets heel anders - ons gaan volgende jaar La Tomatina!
amorita@urcareer.co.za (Malan) Laas toe ek jou gesien het (24 jr terug) was ek 'n lustelose (wou sê lustige, maar dit sal nie goed afgaan nie) army mannetjie in Bloem. Hoe gaan dit met Kosie?dgreeff@mweb.co.za Daleen Hansen, ongelooflik spesiaal, net jammer ek drop haar telkens, vergewe asb? Groot seblief? Woordverskonings beteken niks, help nie ek wy uit nie.
p.vanjaarsveld@ids-spa.it Pieter, die man wat nou in die besigheidswêreld my barometer geword het. Net jammer hy is in die Outback se wyk en weier om my te bel as hy binne bier-afstand is.
santa.roets@gauteng.gov.za (Botha) Onthou jy nog Juf Geldenhuys by Bedryfsekonomie? Jou pos was nou regtig nice. Weet jy - toe ek dit lees toe sien ek jou hier voor my in my geestesoog. Daar was darem groot tye gewees. Sonder om nou simpel te klink - ek dink jy het my seker op skool die beste verstaan van almal. msb@compuking.co.za Esmé (Kritzinger), in die week 'n foto van jou gesien by die see, maar mag eintlik nog nie geloer het na die album nie. Jou laas op Weesgerus gesien - gaan dit weer daar wees?
jacomagda@gmail.com magda (van Zyl) Jy sal nie glo hoe het ek jou mail waardeer nie - dis dit wat my die balans sal laat hou. Kook bietjie daai Facebook jong - dankie vir die accept nou die dag.
GerdaS@armscor.co.za (Du Plessis) Hoe gaan dit met Kobus en Judith. Het 'n jaar of ses terug geweldig baie aan julle gedink, ons Vlakte mense... Die manier hoe jy die name afgerits het wys net jy het kontak met vele. Help asb met van die adresse asb vrou?karel@goldenwing.co.za Burger, een van die manne met groot karakter, baie spesiaal. Die RWC sou beter wees saam met jou. Kallie... dankie vir die voorreg... petrav@telkomsa.net Viljoen, (Prinsloo) Ai, jong, riem onder die hart - dankie vir die hulp wat jy aanbied. As jy op 'n stadium kans het, kry asb vir my in die foonboek die skool se nommer. Ek wil hulle bel oor argiewe en sulke dinge... foto's, klaslyste, jaarboeke ens. Weet glad nie met wie om daar te praat nie - glo nie Grimes is meer daar nie.
liana2@lantic.net (Otto) Ek het jou broers in Zambië ontmoet, hulle sal my nie meer onthou nie, in elk geval nie met die naam Pieter Bester nie. Goeie tye gehad. Hulle is sout van die aarde, manne met karakter waaroor daar stories geskryf is. Hulle is per definisie hoe legendes ontstaan. Die Otto broers van Francistown. Sê my, bestaan die Marang nog?

Wel, daar het julle dit. Die speelveld is gelyk. (Soort van) Hou ek nou nog meer aan, stort ek my siel hier uit en almal gaap van verveeldheid.

Afterall... dit gaan oor mense, dit gaan oor ons... almal van '83 is spesiaal, die reunie is spesiaal!

Groete aan almal

2 comments:

Pieter said...

Kyk nog wat aangaan - en probeer maar die ding uitsorteer. Ek dink ek het op 'n staiumd gesê, gallopende sal ons maar die ding fine tune tot hy werk.
Sodra hierdie 'n "schlep" gaan raak vir iemand sterf dit 'n pynlike dood.

Marna Brouwer (Pretorius) said...

Hi Piet, Marlene en al die ander wonderlike mense!!

Dis nie "aspris" dat ek so stil was nie, was besig met renovations en die rekenaars was agter verfblikke en lere toegepak. Nou kan ek gesels - en kan ek gesels! - sal sukkel om my stil te kry as ek eers wegtrek...

Wonderlik om toue op te tel na al die jare.

Ons was nog al die jare Pta - Centurion omgewing. Is 20 jaar gelukkig getroud met Dirk, ex-ouditeur en nou operations consultant en besigheidsman, het twee ongelooflike seuns wat so vinnig groot geword het dat ek soms na my asem snak. Oudste seun Arlo het verlede jaar matriek geskryf. Lang blonde aantreklike jong man en baie slim met rekenaars, kuns-sinnig. Jongste, Duan is 12 (amper 13). Donker kop met donker oë soos sy pa, sportief en besige man, ok rekenaarmal van klein af. Kan dink hoe rekenaar-ongeletterd ma voel tussen die drie!

Ek het so 6 jaar terug my spraakterapie/oudiologie praktyk verkoop om eers mamma te wees. Helaas, uitgevind ek is nie huisvrou kaliber nie en het intussen ons eie bemarkingsbesighede begin.

Sien ongelooflik uit na die reunie en om almal weer te sien.

Moet eers hardloop, gesels later verder.

Groete
Marna Brouwer (Pretorius)