Tuesday, April 15, 2008

Almal weer op een bladsy - so lyk ons nou

Sent: Tuesday, April 15, 2008 11:37 PMTo: Adriaan Jakobus Joubert; Albert Backhouse; Albert Schoeman; Alet Kruger; Amanda Bronkorst (Nepgin); Amanda Cornelius de Lange; Amanda Phoenix (Moll); Amorita Malan; Annatjie du Plessis; Ansie van Merle; Barry van Vuren; Bielie Erasmus ; Casper Visser; Charl de Kock; Charmaine Meintjies; Christo van Rooyen ; Claudia van Der Linde; Neels Benadie; Daleen Greeff; Damwal; Dawie Erasmus; Deirdre Robertson ; Dirk Odendaal; Dorinda Theron; Elsabe Gideon vanderSchyf; Elsie Bezuidenhout ; Engeline Nel ; Esme Claassen; Esme vd Merwe; Fanie Venter; Gerda Siebert ; Gerda Wolmarans; Gerda Wolmarans; Gerhard vd Westhuizen; Gideon Benadie ; Gideon Benadie; Gwendy Gouws; Heleen Robbertze; Helena Enslin; Hentie Grove ; Ina Swart; Irene Pienaar; Jacolette Crous; Janette Fourie ; Japie v Deventer ; Jean Pretorius; JoAnn Lewis ; Johan Basson; Jorrie Jordaan; Karel Burger; Kobus Greyling ; Kotie Venter ; Leanne Biela; Leona van Heerden (leonavh@netactive.co.za); Liana Otto; LouisevanStaden Nylies (al3@mweb.co.za); Magda Moorcroft; Jaco Magda Vogt ; Marius Uys; Marlene J vanVuuren (gmail); Marlene J vanVuuren (0ryx) ; Marna Drouwer; Mitzi Carroll; Nylies Amorita; Olga Bezuidenhout; Patrick Scannel ; Paul Westmaas; Petra Viljoen; Petro Smith; Phillip Van Wyk; Pieter Bester ; Pieter Breedt ; pieter.toit@gmail.com; Pieter van Jaarsveld ; Pieter van Rooyen ; Rentia Bothma; Riaan vdMerwe; Rick Potgieter; Riekie van Staden; Roelf Faber ; Ronette Correia; Santa Roets; (santjiemarx@gmail.com); SJ Pretorius; Sonja Dekker ; Thomas Gunning ; 'Tulbach vd Merwe'; Vanessa Nel ; VeronicaMaartins Nylies (veronica.martins@yahoo.com); Werner Martin ; wolla@atomicsport.co.za; Yolanda Havenga; Yvette Mulder; Yvonne Gioia


Hallo almal!
Soos ‘n goeie moeder ;-) wat chronies wasgoed was sukkel ek met wegloopkouse. Julle weet mos – daar is so advertensie in SA waar die kouse so lekker partykie hou op ‘n eiland – die een kous is so ‘n ‘cool dude’ met ‘n bril op …. Ek weet nie eers wat word geadverteer nie, maar besef elke keer dat DIT is waar al die kouse wat so enkel hier rondê in my huis se maat is. Wat het wegloopkouse nou met die reunie uit te waai? Alles!! Net soos die kouse in hierdie huis wegraak, het my naam van die epos verpreidingslys verdwyn, of loop al die eposse weg na ‘n eiland toe (wag! …dis dalk nie so ‘n slegte idée nie!) … Jacolette is darem so gaaf om nou en dan ene aan te stuur, en sou nou en dan bederf van julle my met die LEKKERSTE lekker geselsbrief. Ek stuur nie om dowe neute elke keer vir ALMAL die epos nie - ek probeer almal op dieselfde bladsy hou, deksels;-)!! Dus: ‘reply to all’ dat ek, en al die ander wat nou begin erken dat hul dit ook geniet, ook bybly, asseblief! Ek het vir Engeline gesê dat ek ‘n groter leser as geselser is….

Vir die wat nou al ‘n ruk saamkuier, nog nie gesels het nie, en gedink het die water is in elk geval amper op (Heleen;-), ons pomp nog water – sommer baie so kuier kuier. Het hoeka een jaar ‘n sendingkerk help bou daar in Mafekeng se wêreld, moes self al die water pomp vir ‘dagga’ meng, stort…alles! Maar daar het ons ook die heel lekkerste gekuier met ons tone so in die modder! Vir al die nuwes op die lys – Piet du Toit het die AA ding begin: ‘Ek is Piet en ek is ‘n Nylie!’ Dit was so lekker om weer van almal te hoor! En as ek ‘n paar bekendstellings gemis het, of as julle te skaam was tot nou, of as julle nuwe fondse is (of is dit nou vondse?) – gesels met ons. Soos Oubaas van 7e laan sou sê: ‘Ons wil darem nou nie volksvreemd vir mekaar daar aankom nie, né?’ Die fotos van die wat nie skaam is nie op Jacolette se Facebook, en die kuierfotos is te lekker. Esmé – die foto waar ons so lekker windverwaaid in Paindane kuier is ook gelaai! Barry, dit lyk of julle ‘n jol het! Sjoe Santa- welgedaan! Die Bybel praat so mooi van die olyfboompies om ons tafel – jy het nou al generasies olyfboompies! En Paul – jou fotos op Facebook is amazing! Sal jou moet organize vir fotos neem die reunie naweek: Pieter gaan dit nie oorleef as ek die fotos neem nie ;-)! (dink almal moet in elk geval kameras saambring!)

Weereens – dankie vir almal wat nog steeds soek. Jacolette, die Gerda’s, Petra, Irene, Casper en al die manne ook. En vir die wat lyste byhou en opdateer. Ek weet nie wie nog arbei nie, maar ek weet dat Jacolette nie gaan rus voor ons ‘n ieder en ‘n elk het nie. Ek sê op ‘n stadium vir haar dat my sosiale beginsel nog altyd was om almal te nooi na ‘n ‘do’, en dat mense hulself dan moet verskoon as hul nie lus is nie. Leer dit toe vir my kinders ook. Wel – julle kan dink hoe deurmekaar verjaardagpartykies is wat in hierdie huis gereel word;-). As ons die deur oopmaak staan daar net nog maatjies! Ek is lief vir mense – dus is die okkasies altyd effe deurmekaar, maar vrek lekker. Dit was vir my regtig belangrik dat ons sou moeite doen om almal te kry en te laat weet. Nou is ons amper daar. ‘And now its up to you’. Ek het ‘n ‘Saamkuier’ kolom aan die einde van die adreslys geskep – Jacolette het opgedateer, sien daar is omtrent al 58 wat gaan kuier …: Hier is die l’latest en greatest’ kontaklys:
http://spreadsheets.google.com/ccc?key=p5P083h3PAcFMoc_4Bd48IA&hl=en.
Ek weet sommiges van julle sit nog en wik en weeg. Al kan jy net weer met ‘n paar van jou ou ‘buddies’ kuier gaan dit die moeite werd wees….

Woestyngroete – sien julle een van die dae!
Marléne

PS:
Jacolette se FB adres is
http://www.facebook.com/album.php?aid=146186&id=1016846226 vir die fotos, en vir die wat nie daar kan inkom nie… http://picasaweb.google.com/marlenejvanvuuren/Nylie83ReunieMense tot ek weet hoe om dit anders te doen. Dit was Jacolette se inisiatief… dink net hierdie adres is meer toeganklik as Facebook…
Weer bye!

Friday, March 7, 2008

Nostalgie

Ek is nou die dag ernstig deur iemand gekonfronteer met die volgende woorde:

"Ek het met sekere van die mense nog nooit 'n woord gepraat in die 5 jaar wat ek saam met hulle was nie, wat gesels mens dan na 25 jaar? Hoekom sal iemand my wil sien na 25 jaar."

Hierdie woorde het my tot my sinne geruk en weereens het ek net besef: die wêreld is nie net Bester blou of swart of groen daar buite nie. Daar is mense wat dit anders sien.............

Voor ek nou hier wil verder filosofeer, net een ding vinnig... ek kom meer en meer agter hoe my Afrikaanse sinskonstruksie verswak na mate ek my Afrikaanse aksent verloor.... asseblief, vergewe my vir die agterstevoor manier van skryf. Let wel! In 'n mate verloor ek my aksent maar tog nooit my taal en passie nie. Ons Afrikaners het 'n manier om alles direk vanuit Afrikaans na Engels te wil vertaal en sit dan die sinskonstruksie ook so aan mekaar. Noudat 'n mens hier tussen die klomp anderstaliges is, moet ek heel oplettend wees hoe en wat ek sê om seker te maak daar is nie misverstande nie. Misverstande kan nogal aardig raak in die wêreld waarin ek myself beleef.

Na 25 jaar.... wat gesels mens na 25 jaar? Ek weet nie. Ek is 'n hart mens, passie mens, emosioneel en vol dinge, ek praat wat die hart sê, ek praat wat in die hart aangaan want my kop is baie keer te deurmekaar. Ek self weet partykeer nie aldag wat in my kop aangaan nie, so ek gaan nie ander daarmee deurmekaar maak en probeer praat wat my kop sê nie. Maar my hart? Daar het ek rustigheid, en daaroor kan ek praat. Die tyd wat hy erg deurmekaar was, dit was die tyd toe ek vir Daleen ontmoet het, toe ek vir Ilse ontmoet het, ook vir Heleen, maar meeste van alles, toe ek my vrou ontmoet het. Nie lelik deurmekaar nie, lekker deurmekaar..... die deurmekaargeid is nie eintlik deurmekaargeit nie. Dis net alles op een slag en baie vinnig - Doef, doef, doef, ..... hierdie tikkery kan nie doef, doef vinnig genoeg skryf nie, maar nou ja, dis amper soos 'n masjiengeweer, 'n 50 Browning se skote. Dis eers later wat die hartklop stadiger raak, meer rustig, soos die "start" van 'n Lister enjin.

Nou kyk nou net hoe probeer ek nou verduidelik, alles deurmekaar - probeer seker maar met my kop praat! Wat ek eintlik wil sê is dat ek nie weet wat om te sê of waaroor om te praat na 25 jaar nie. Wat ek wel weet is dat dit belangrik is om te kan praat, of te wel, te kan tik. Hierdie reunie oopkrap was vir my 'n absolute bestiering en ek vind dit heel terapeuties. So baie spesiale mense met wie ek weer kan begin kommunikeer. So baie spesiale mense, dat ek wraggies nie by almal uitkom nie. So baie mense, dat ek ander mense wat ek intussen langs die pad raakgeloop het half afskeep om tog net by van die ou vergetes uit te kom. Of almal wil hoor wat ek te sê het.... dit betwyfel ek ernstig, maar dat ek 'n behoefte het om te praat, dit mense, kan niemand betwyfel nie.

Die feit dat ek nie by almal uitkom nie, heng dit vreet aan my, ek wil bitter graag gesels maar kom nie daarby uit nie. So baie spesiale mense..... Petra en Magda, ek het gesê ek gaan begin skryf, wat kan ek sê? Jammer, nee wat - jammer se gat - dit werk eenvoudig net nie. Daleen, Amorita, Elsie.....sal begin skryf, alles net leë gepraat, kom nie daarby uit nie. Nog meer, Janette, Marna en Gerda, ons was van dieselfde dam se eende.... ek raak mal.... Liana, ek wil nog sê dankie vir die verduideliking, ek wou nie lelik wees nie, dit was sommer net 'n stekie omdat ek brand om te gesels, wanneer weet ek nie. Dorinda, ek sal nog later vir jou van Arien vertel...... hy kom so elke tweede jaar 'n "stage" of twee by Mnt Blanc van die Tour de France doen, ek wil nog vir Esmé sê die laaste keer toe ek haar gesien het kon ek haar ma in haar sien - dieselfde fyn gelaatstrekke, ek wil nog sê ek het eendag vir Louis by Pick & Pay raakgeloop, vir Elsie en Neels by Little Company of Mary met al my ma se gedoentes.... vir nuwe mense wat ek sien wat tussenin geregistreer het, vir Paul Westmaas, ek wil nog sê dat jy die ou is wat my die hardste nog gebliksem het.... dat dit so nodig was.... vir Gerhard... die laaste brief wat ek geskryf het was seker te rou, ek wil nog sê, jammer, dit moes miskien anders uitgekom het. Vir Japie, vir SJ en Piet du Toit, veral ook vir Damwal, die blikskottel wat nie meer met my vereenselwig wil wees nie. Rick, Johny en Frans en veral ook Dewald Steyn, o ja, en Patrick. Riekie kom sommer dadelik op en dan moet ek tog vir Heleen ook nog klomp dinge vertel, groot dinge van daai tyd, hartsdinge... wonder hoe gaan dit met Pieter? Helena, Olga, Ansie, ek raak mal.... Ansie, ek ken jou neef goed... ek kan nog baie name noem.... om presies te wees ek kan nog 115 name noem (dis wat die klaslys sê) O,,ja... Esmé B, onthou jy van tussen die saal en kantoor........ Sonja, ek het vir Pierre op Pietersburg, Naboom en Nylstroom raakgeloop, elke keer aan jou gedink. Heng, ek kan aangaan en ek gaan net meer en meer meegevoer raak, dinge wat ek nog wil sê, wou sê, nou wil sê... hierdie tikkery kan nie al die gedagtes soos 'n worsstopper alles in 'n ry bymekaar hou en instop nie.

Vir my is die tyd tot en met die reunie reeds te kort om met almal te gesels voor die tyd. Die reunie dag of wat, dit gaan ook te kort wees.... Jacolette, dis swaar, maar ek dink kanselleer my maar vir die golf jong..... So van Jacolette gepraat, ek is bly en werklik dankbaar dat iemand gat geskop het, was dit nie vir daai skop nie het ek hierdie nooit geskryf nie. Dankie, Jacolette.

O ja, ek mis net nie vir Jacolette, Barry, Jarries en Marlene nie... ons gesels gereeld. Ek en Jarries sien mekaar hopelik oor 'n week en ek en Marlene hopelik oor twee.

My wêreld is Bester blou of groen, want ek wil hom so hê.

Groete

Saturday, February 2, 2008

Oor Uitpraat & Ouer word

Vir julle almal: ‘n Baie mooi 2008! ‘Belated’ – soos die mense hier dit so mooi sê! Dit gaan ‘n mooi jaar wees as die 83 Oesjaar weer gaan kuier! Ek is terug van ‘n wonderlike breuk in Oman – eintlik ook al ou nuus, by vriende gekuier, seeskilpaaie gaan kyk, fosfor in die golwe gesien, geseil, gesnorkel, gekamp en geslaap op die strand op die hoogwatermerk met springgety. Het weereens besef dat die lekker goed nie die duur goed is nie. Veral nie.

Vir die wat dink ek is vreeslik geselserig, ek was nog altyd, ‘undercover’. My kids is nog erger, ongelukkig nie ‘undercover’ nie;-), dus maar ‘n besige huishouding. Hulle is ‘n blonde, bekkige, besige tweeling, al amper 13: Anika (oudste) en Renier (15 minute jonger as sus, hy hoor dit elke dag). Hulle hou my besiger as my werk, ek is mal oor hulle! Hulle doen alles wat lekker lyk gelyk, en ma moet byhou!

Doha, die hoofstad waar ons bly, in SA terme dalk eerder ‘n dorp, lê teen die see, humideite soms 95%. Vir die Bloemfonteiners, die wat Bloem ken sê Doha is soos Bloem by die see. Jorrie, ons eet dan mieliepap hier teen die see! Dat dit van SA ingevlieg word, moet ek darem bysê. Almal wat kom kuier moet mieliemeel, biltong & Mrs Balls saambring. En Barry: ek sal jou sowaar kan insmokkel in Qatar: van Vuren! Familie kan maklik kom kuier. As jou name/ van / dele van jou van / vrou se name of van enige ooreenkomste het met myne, is jy in, maklik (hulle is nie baie vol fiemies as dit by spelling kom nie). Die res sal ek moet onderhandel, Erin Bronkowitch styl (ek het al!). Barry, ek weet nie watse probleme hulle jou gegee het met die oorstanery nie, die ouens hier is maar lekker vol nonsens- nog glad nie ingestel op toerisme nie. Maar wanneer ek julle nou insmokkel (nie as nie!)- vir tydverdryf seil ons in die arabiese golf, sandboard, ry duine & snorkel. Dat jou oë 2 dae na so sandboard jollery nog steeds krap van die sand, al skrop jy hoe, moet julle maar self kom uitvind! Shop in die Souqs ook, die goud/juwele souqs hier is enige vrou se droom ;-), goedkoop, uitstekende vakmanskap. Alkohol verdraagsaamheid zero! Petrol R1.60/liter!

Wolla – sjoe maar dit is goed om van jou te hoor!! Ek kan briewe vol skryf oor al die prêt wat ons gehad het. Jy was ‘n great pel – altyd reg vir sports! Jy praat so van die wiskunde jong: ek droom nou nog ek daag onvoorbereid op vir wiskunde eksamens. Janette (Wieries) moes geduldig in die koshuis na bedtoegaantyd alles oor en oor verduidelik!!

Maar nou eers weer biki reunie gesels: ons kort nog baie mense! Hoop dit was net omdat almal so lekker vakansie gehou het dat dit stil geraak het. Daar was gelukkig nog baie beloftes van name! Waar is Dirk Odendaal in die wereld- weet iemand? En julle kan maar weer begin gesels, jong … daar is nog baie wat niks vertel het nie. Elsie – wraggies vrou, ek gaan begin uitpraat ….! Ek het haar gewaarsku: ‘hierdie keer gaan ek van jou skinder – big time!! Ek gaan bylas & lekkerder maak – jy gaan skadeherstelling doen na die tyd!’ waarop sy toe antwoord: ‘Neeeeeee!!! Ek gaan jou VELLE aftrek!!!! .. I know stuff .. *wink .. wink*’ Nou moet ek eers net biki dink en besin;-).

Vir Engeline… vrou, dankie by voorbaat, laat weet as ons kan help met iets! Ek lees julle manne se eposse so: goeie projekbestuurders! Nou kan ek vlugkaartjies bevestig, YOHOOO! En wraggies Piet, of moet ek nou uit die kas klim en sê ;-), jy is ‘n man so na my hart. (Het die man net vriendelik herinner aan sy oorpronklike projekplan). Ek kan darem met julle deel dat die kaste/ boekrakke in die Besterhuis gebou is … het gesien op skype een oggend! Ook ‘n klein biki ouer weergawe van Pieter! En sy kinders wat koffie aandra! Die man is besig. Voel amper nederig dat hy iets so groot soos hierdie reunie afskop ook nog inpas in daardie skedule!

O ja – wou nog verduidelik van die psige van ‘n Xpat. Ek het vir Janette ook gesê: ‘gesels met pelle, oral, is lekker…’ ENIGE nuus, van ‘n eerste wisseltand , ekstra diere op die plaas, load shedding en en en … Daarom dat ons so lekker briefskryf en skype en facebook… So vergewe die knaendheid, asseblief (net ‘n gewone asseblief ;-) Vir die van julle vir wie ek nou al met my eie vingers getik het (en fotos gestuur het!) en nog NIKS gehoor het nie….???
(Vir die van julle met die golf psiges, Kobus Greyling is ook nou op die lys – bestuurder by ProShop, naby Menlyn! Kobus, komissie betaalbaar in KWV Roodeberg Cabernet, dankie!)

Eers biki oor ouer word (let wel, nie oud nie) Sommiges van julle lyk nog nes 25 jaar terug (dankie Amanda)…
Ek hoor Jarries praat ook van alles wat so rondgeskuif het. En het self hier in die oujaar vir Annatjie gesê: ‘gelukkig pof die molligheid van die plooie uit! Nou ja: solank elke merk, plooi en wat ook al saam met die jare gekom het, darem ook met ‘n edel, mooi, lekker herinnering gepaard gaan! Ek hou van quotes, hierdie een sê
"Years may wrinkle the skin, but to give up enthusiasm wrinkles the soul."

Samuel Ullman
1840-1924, Educator, Writer and Poet
So bek moet stroop kry. So verskyn ek laasjaar (nee wag, dis nou al meer as dit!) in Mosambiek op die strand met ‘n bikini, waarop my kinders v my sê: ‘Maar MA, dis social suicide vir ons!’ hehe. Hul het al baaaie goed gedoen wat social suicide was vir my. En terwyl ons nou so afstorm in die pylvlak van die lewe, soos Paulus vir ons in die Bybel vertel, is daar darem nou nie te veel tyd om in ‘n spieel te kyk nie, of wat praat ons alles?

Almal het nog steeds nie toegang tot ‘n ‘blog’ of ‘ggroup’ nie, so ek gaan stout wees en weer ‘n e-pos bondelbrief stuur wat ek op die blog en ggroup ook sal publiseer (jammer boere & boerinne). Jacolette, daar lê fotos op facebook rond van so 6 van ons .. jy kan daar gaan loer … Weet dat fotos die eposse biki lywig kan maak, anders het ek hulle gegooi;-). Laat weet wat julle ouens dink! Dalk kan die slimmes op die blog/ggroup verduidelik hoe publish ons fotos daar, ‘n stap vir stap asseblief, want van ons is blond ook!

Genoeg gebabbel, moes darem vir julle ander ook ‘n beurt te gee om te gesels! Mooi bly vir eers!

Marléne

Wednesday, January 30, 2008

Roes en As

Nou ja, die beplande braai wat in SA sou plaasvind is seker nou al net as!

Die roes van die ou jaarspartytjies, die as van die braai - alles is nou vergete. Die jaar is aan die gang en almal hardloop teen 'n myl 'n minuut om by al die beloftes en doelwitte vir 2008 uit te kom. Dis asof die jaar reg "gekickstart" moes word om te verseker dat ons by alles gaan uitkom waarvoor ons graag wil uitkom in 2008.

Om nou vir almal te wil se: Hêppie new year! - is soos mostert na die feesmaal. Dit is plat en sonder passie want dis nie verwikkel en toegeweef in die as en roes van die feestyd nie. Emosioneel pas dit nie meer nie. Ek probeer sin maak in wat ek meen ek wil sê of probeer bedoel wat ek meen maar die woorde wil nie reg agter mekaar val nie. 'n Hopelose taak om te verduidelik as jy nie wil verduidelik nie......

Kom ons skop maar af deur te bly by die roes. Die roes is tog nog seker immers vars in ons verwysingsraamwerke - die roes van die opgewondenheid van kontak en gesprekke met lang vergete pelle, die roes van die afstof van herinneringe. Die roes van lang vergete gedagtes. Uniek aan reunies, moet hierdie roes en die as van herinneringe nou eers weer gestalte kry. Die enigste manier hoe gestalte hieraan gegee kan word is om al die lekker herinneringe nou na 'n groter, meer intenser vlak te neem.

Ons het 'n reunie vir 2008! Dit is iets groots in enige raamwerk. 'n "Once in a life time" gebeurlikheid. Seker een van die mees belangrikste doen dinge, doelwitte, mylpale, noem dit wat jy wil - vir die jaar.

Terwyl almal op hete kole sit en bewe soos net 'n foksie op sekere tye kan bewe, moet ons seker die toue vasknoop vir die grootse affêre. Jarries het hoeka al laat weet dit lyk nie asof SA vir hom deel van die beplanning vir 2008 kan wees nie. (Hopenlik is die bier in Italië nog daar...) Ek het, myself, skoon vergeet om te stem op die blog..... toe ek wou stem sien ek die sluitingstyd is reeds verby. Dit laat my toe besef, kêrel, hier moet jy nou spring of ons verpas die bus. Gelukkig, as ek reg kan onthou... in twee briewe wat die "timelines" uitgewerk was - is einde Januarie aangegee vir die vasmaak van die venue en die datum.

Datum is dus:
Die mees praktiese datum is die naweek van 18, 19, 20 Julie 2008. (Vir die wat wil, julle kan maar dae voor en na die tyd bylas)
- die Gauteng skole het dan pas begin
- min skool aktiwiteite aan die gang.
- die vakansie is verby en die "bookings" is seker buite seisoen.
- weer by die roes - anner mense werk die roes van die skoolvakansie af en gaan nie dan naweek hou nie - ons behoort genoeg van 'n plek vir ons self te kan hê.

Plek
Met my benewelde (min slaap) en beperkte vermoëns het ek lank terug slegs Weesgerus opgesit vir stemming. Dit irriteer my grensloos en kon dit net nie weer daarna verander nie. Ek sien die mense het darem vir Weesgerus gestem - maar daarmee saam, veroorloof my om die volgende afleiding daaruit te maak (for lack of any other options to choose from) Dat 'n fasiliteit soos Weesgerus die aanvaarbare gedagtegang vir die meeste is (naweek wegbreek) maar dat dit nie noodwendig Weesgerus hoef te wees nie. Ek het absoluut sin in ander plekke ook en hou nogal van die Thaba Monate gedagte.

Engeline het haar naam gestand gehou en met die meeste en wonderlikste voorstelle gekom en sy is aanmekaar gesit vir hierdie dinge. Sy ken al die plekke en weet wat ons gedagte gang is vir die naweek. Om nog verder in te vryf - sy het ervaring met hierdie tipe reëlings. Engeline, ek haal aan uit jou brief:

1.Abba Game Lodge - geleë op die Donkerpoort Dam pad, oulike, bekostigbare selfsorgeenhede en groot kampeerplek. Genoeg om te doen vir die kinders, restaurant en oulike lapa vir funksies.
2. Bogenoemde is die boetie van Thaba Monate - geleë tussen Nylstroom en Warmbad op die ou Warmbad pad. Dieselfde profiel as Abba Game Lodge.
3. Hide Away. Oulike nuwe plekkie geleë op die Eersbewoond pad tussen Nylstroom en Warmbad, baie skaflike selfsorgeenhede en kampeerterrein. Genoeg vir die kids om te doen.
4. Klein Paradys - neffens die Protea Hotel Shangri-la geleë. Spesialiseer is kampering, selfsorgeenhede van "aanvaarbare" standaard. Restaurant wat baie beskostigaar cater, genoeg vir kids om te doen.
5. Maroela Vakansie-oord - Ook op Eersbewoond pad geleë neffens Hide Away. Tariewe bekostigbaar maar nie vreeslike verskeidenheid selfsorgeenhede nie (ek dink net so 8 eenhede). Lekker baie om te doen vir die kinders.
7. Bela Bela lodge (ou Floyds motel - wie sal dit ooit vergeet??) Heel mooi oorgedoen en min of meer dieselfde profiel as die ander plekke hierbo genoem
9. Klein Kariba - glo nie hy het bekendstelling nodig nie - alles hierbo in kwadraat, selfsorgeenhede wissel van profiel - ouer eenhede tot luukse nuwe eenhede wat dus in elke beursie se behoefte kan pas. Baie goeie catering - verskeidenheid van lapa's beskikbaar. Natuurlik `n paradys vir kinders.
10. Forever Resorts Warmbaths - ou Aventura. Die oord is pragtig opgegradeer maar uiteraard duurder as die ander keuses. Die catering hier is van uitstaande gehalte en `n heerlike groot lapa in die natuurreservaat is die perfekte venue vir `n partytjie/funksie
11. Weesgerus - ek dink aan meeste bekend, dieselfde profiel as Klein Kariba behalwe dat hul tariewe ietwat goedkoper is.

Nou wil ek vir jou vra: Neem asseblief die inisiatief en besluit watter een van die plekke wat jy genoem het die beste sal werk. Doen dan asb vir ons 'n blokbespreking en laat maar weet wat die koste vir elke gesin gaan wees en wat die sperdatum vir die blokbespreking is. Ete gewys dink ek aan gesamentlike ontbyte Saterdag en Sondag (elke ou vat sy eie goed maar ons braai en berei voor op 'n gesamentlike plek) en 'n ete die Saterdagaand.

Heng mense - dit klink so stomp! Twee brêkvisse en 'n "dinner" en alles is oor. Dit is 'n hartewens dat almal genoeg tyd saam sal spandeer om ou vriendskappe weer af te stof dat dit weer vir nog 'n paar jaar sal kan hou.

Met al die bogenoemde gesê dan weer terug by die as van die vooraf braai......... ook die roes van die aanvanklike oopkrap van herinneringe....... ons het nog nie naastenby almal bereik nie, kom ons maak nou vir die tyd wat voorlê 'n "commitment" vir ons self om te probeer om soveel moontlik ander mense te kontak. Ek dink net ons kan net tevrede met ons self voel as ons ten minste 90% mense gekontak het.

'n Hengse dankie aan almal wat so baie help om mense in die hande te kry. As ons maar hoor het Gerda of Petro weer iemand nader gehark. Dan vir die ander blikskottels....... wat e-pos adresse en kontakbesonderhede het en nie wil op die wa klim nie..... ek kan nie so wonderlik diplomaties soos Gerhard wees nie..... of met Marléne se geduld 'n hand sout uit hou om te eet nie........ klim nou op die donnerse wa en ry saam! (ouch, dis seker bietjie te kras - snaaks, my "delete" knoppie wil nie werk nie....) Damwal?

Is daar iemand wat bereid is om in die Beeld, Volksblad en Burger se "smalls" te adverteer oor die beplande reunie? So iets kan help - julle is meer as welkom om enige kontakbesonderhede (e-pos en sel) as verwysing te plaas. Ek sal my alie in rat kry en met Niekie vd Berg kontak maak en hoor of ons net 'n paar minute op radio kan kry. Die probleem is net - ek skuld hom reeds 'n guns en nie hy vir my nie........ dis 'n baie lang storie en ek sal miskien later daaroor uitwei... miskien as ek die kans kry, kan ek sommer op die radio my skuld aan hom betaal. Weet almal net, my naam sal uiters gat wees (meer as nou) as ek my skuld aan hom oor die radio moet betaal. Maar nou ja, ek voel so sterk om soveel as moontlik mense te bereik, dat ek dalk net bereid sal wees om dit te doen. Sou die man instem, sal ek laat weet van 'n beplande datum.

Nog veel om te sê, sal egter later weer praat.

Weet net, Magda, SJ, Piet, Barry, dankie vir die knaendheid - nog ander mense ook, maar veral vir Marléne - die see sal my nie kan afwas nie... met reg ook.

c",)

O, ja Google Groups, Google Blog - same as in different and different as in same. Maak nie saak waar julle wil "post" nie - onthou albei is "gelink" met jou e-pos adres en kom in elk geval by jou "inbox" uit. Blog is net bietjie meer vryer om te gebruik vir ander funksies soos plak van koppelstukke op die internet, foto's en videos, webadres koppelinge, Youtube, Facebook ens, ens, ens. Ons gebruik net nie die funksies op die oomblik nie. Sal kyk of ek daarby uitkom.
As voorbeeld - vinnig Hoërskool Nylstroom research gedoen, maar geen website is geregistreer nie - sou daar egter 'n website gewees het sou mens hom kon koppel op die Blog soos die voorbeeld wat ek nou gemaak het - dis die naaste wat ek kon kry aan 'n website vir die skool.

Tot later

Friday, January 11, 2008

Gesels

Terugvoer op my vraag vir Amorita: 'En ja, jy’s reg – ek is nog net so stout – eintlik biejie stouter!!!

Uiteindelik ook op Blog - e-mail 6 December 2007

From: Van Rooyen, Pieter (FMT) [mailto:Pieter.VanRooyen@SamancorCr.com]
Sent: Thursday, December 06, 2007 5:04 PM
To: Jordaan Jorrie (Nelspruit Brokers); vanvuren; Van Wyk, Phillip; Marlene J. van Vuuren; Gerhard vd Westhuizen; Pieter Bester; Amanda de Lange; amorita@urcareer.co.za; cpvisser@sars.gov.za; dkockcg@telkom.co.za; First name Last name; dado@vodamail.co.za; elle@lantic.net; Elsie Bezuidenhout; harmonie@vodamail.co.za; Gerda Siebert; Gerda.Wolmarans@sita.co.za; bergliot@mweb.co.za; hentie@hentiegprop.co.za; jacolette@mweb.co.za; jv106@mweb.co.za; janaspret@telkomsa.net; Damwal; Karel Burger; BielaL@wyeth.com; Liana; Jaco Magda Voigt; tmf@tiscali.co.za; valturion@mjvn.co.za; PETRA; pieter.dutoit@fnbinb.co.za; pieter_vj@hotmail.com; rick@emq.co.za; sj.pretorius@isithombe.co.za; Roets, Santa (GPTPW); santjiemarx@gmail.com; tgunning@mweb.co.za; tulbach@webmail.co.za; suzannp@atkv.org.za; Janette Fourie
Subject: Gesels

Hallo julle almal!

Sjoe, dit was vir my ‘n aangename verrassing toe ek ‘n boodskap kry dat ek vir Tannie Elsie Kritzinger moet skakel in verband met ‘n skoolreunie! Dit het sommer baie herinneringe by my opgebring – kan nie glo dit is al 25 jaar nie! Ek het toe vir Esme gekontak en my inligting deurgegee, maar kom nou eers uit by die deelneem aan die e-mails.

Met ons vorige reunie op 10 jaar, was meeste van ons net klaar met ons 2 jaar diensplig, swottings, begin werk en sommiges getroud en party al begin met ‘n familie en nog redelik kontak met van ons skoolmaats gehad. Intussen het daar verseker baie meer water in die see geloop en ook met die dat ons ook al die ‘matured’ ouderdom van 40+ betree het. As ek so deur die e-mails lees speel daar al meer herinneringe by my af en sien ek van die gesigte voor my; soos gister. Selfs van die name en vanne kom terug, maar moet ek erken dat van die getroude vanne my so ‘n bietjie laat wonder het en daar steeds ‘n paar gesigte nog nie heeltemal duidelik is nie – ek sal maar na die jaarblad foto en name moet teruggaan.

Vir Casper loop ek af en toe by ‘n skoolfunksie raak. Het nou die dag vir Japie by ‘n skool hokkie-wedstryd raakgeloop en het al vir Elsie by ‘n paar padwedlope raakgehardloop. Weet darem hoe dit met Charl gaan aangesien ek en sy vrou by die selfde maatskappy gewerk het, maar ook baie lank laas gesien. Charl het nog op ons troue gesing en het my vrou op hulle troue die kerkorrel gespeel. Ek het vir Jorrie nog op ‘n stadium raakgeloop – maar dit is ook al lank terug. Dit gaan wonderlik wees om almal van julle weer te sien!

Ek wonder veral of Amorita en Susan nog so stout is? Of Barry se seun ook al ‘n tuinslang in die Engelse onderwyser se huis oopgedraai het? Ek weet Wolla het onderwys geswot – wonder of hy ook so seer soos oom Ben ‘K…” (Sotho) geslaan het, toe daar nog op skool geslaan mag geword het?

Ek het onder andere nog nie Louis Tottleben, Pieter de la Rey, Christo van Rooyen, Walter Pretorius, Johan Basson, Kobie Els, Patrick, Riekie en Heleen van der Merwe se name iewers gesien nie. Dalk is hulle al opgespoor en het ek hulle net gemis.

So ietsie oor myself:
Ek het na my 2 jaar diensplig op TUKS BComm Rek gestudeer. By Yskor en GijimaAst gewerk en is vanaf Mei 2007 werksaam by Samancor Chrome. Het 5 jaar gelede vanaf Finansies die stelsel kant van Finansies betree - SAP. Soos julle weet is ek toe nie met ons hoofdogter van 1983 (Esme) getroud nie, maar met die 1983 hoofdogter van Potch Gimmies. Ek en Hettie is in 1992 getroud en het ‘n pragtige seun (Louis) wat Augustus 10 geword het. Hy het sy pa se ‘looks’ en sy ma se ‘brains’ en ‘n GROOT vreugde in ons lewe! Hettie het BSC Rekenaarwetenskap geswot op die PUK, maar werk deesdae van die huis as Interior Decorator met haar eie werkswinkel en is baie betrokke met die jeug in ons gemeente - Moreletapark. Ek is vanaf Universiteitsdae in Pretoria en het 5 jaar gelede vanaf Moreletapark na Lynnwood verhuis. Bly baie lekker en lief vir tuinmaak! Ek hou my boep in stand met padwedlope, aangesien ek nie bereid is om die lekker bier prys te gee nie. Het my 11de Two Oceans ultra maraton en twee Comarades maratonne voltooi. Dit hou my kop skoon en is ekonomies met vandag se brandstofpryse - net vir ingeval iemand vra of ek nie ‘n motor het nie.

Dankie vir die wat die inisiatief geneem het en vir al julle reelings! Sien baie uit na die reunie!

Groete
Pieter vR

Tel: +27 (0) 12 361 3905 (h)
Sel: +27 (0) 83 304 6020
E-Mail: pieter.vanrooyen@samancorcr.com

Thursday, January 3, 2008

Waar is julle?

Die nuwe jaar is hier en die blog is tjoepstil. Kan dit wees dat julle uitgepraat is? Miskien hou julle vakansie of dalk is julle nou baie moeg na die eerste dag se werk.

Ek self was nog nooit 'n raserige vrou nie, eintlik maar 'n luisteraar en waarnemer(muurblom). Nou klim ek maar af die muur en wens julle almal 'n voorspoedige nuwe jaar toe.

Groete
Magda

Wednesday, December 12, 2007

Gesels uit die Vrystaat

Hallo almal, ja nee die e-posse hou ons oe rooi en maak die slaap min! Ek moet net vir Barry se dit is lekker om van hom te hoor - en ek dra my Blou-bul T-shirt in die Vrystaat!! Jorrie ek wonder of jy nog so goed tennis speel ? ons het 'n baan op die plaas en my 2 seuntjies speel erg tennis! Ek en my man, Davie se grootste struweling is oor die "gat" in ons tuin wat "n swembad moet word - al vir 3 jaar- nou hark ons tuinjong maar die "gat" vir my voor ons mense kry.Wat het van ons stout vriend Tulbagh geword? Geniet jul Desember verder, groete Dorinda

Monday, December 3, 2007

Naamsnuffels & Gholfstokkies

Hallo almal

Die reunie snuffel is glad nie werk nie, ek het eintlik ‘n vreeslike groot jol! Vir die van julle wat ‘Defending the Caveman’, Tim Plewman (opvoering) gesien het: hy se op ‘n stadium dat as jy iets doen waarvan jy hou, dit jou ‘energize’! Vrek lekker om weer van almal te hoor, ek geniet die kwinkslae en nuus geweldig….uit elke liewe oord. Twee dinge:
- My sosiale lewe is besig om effe te sneuwel met die dat ek al hierdie lekker briewe wil antwoord! en ek slaap definitief baie minder;-)
- Ek moet ook bieg: was 5 jaar terug vreeslik lus hiervoor, maar julle weet mos, voor mens jou ogies uitvee is nog ‘n jaar verby! Dankie vir elkeen wat ‘n adres & nommer uitsnuffel, ‘n blog/brief skryf– doet so voort! En, ag ou Pieter, weereens dankie vir die afskop jong!

Ek stem ook vir ‘n plek waar ons ‘n keuse het tussen kamp/chalets ens. .. My kampgoed staan regs voor in die stoorplek, net reg vir optel & gatskuur wanneer ek in SA kom….moes maar nog altyd so plat op die grond batterye herlaai!

Ouens, toe hierdie gholfstokkie stories begin heen en weer vlieg, dink ek toe nou so by myself:
(Eers wou ek ‘n mooi vergelyking uitwerk waar gholf en stokkies mooi uitkanselleer bo en onder die lyne, maar my moed het my begewe, was ook vrek besig by die werk, maar tog, nou met die asemskep ‘n paar goed, ek sal maar begin lys):
- Weet net hoe ‘n gholfstok lyk – en watter kant om vas te hou as ek ‘n skelm oor die kop wil slaan, nog nooit daarvoor tyd gekry nie en was nog altyd eerder … nee wag, ag ok….eerder ‘n ‘hands on meisie’ as dit by balle kom– netbal en so aan….
- Almal gaan ‘n stukkie van almal wil he, en ek sal graag die dag soos ‘n skoenlapper van boepens (al het ek nog nie ‘n enkele boepens op facebook gesien nie!) tot blom wil kuier. So van die os op die jas: kom ‘facebook’ saam!!
- Dit gaan moeilik wees om van boepens tot blom te kuier as party op die gholfbaan vashaak (en ek weet mos nou van my pelle - ek het darem pelle wat gholf speel) dat mens lelik kan vashaak by die watergate, en ek wil by ALMAL uitkom
- Dat party van ons darem nou van baie ver kom vir die okkasie, boervroue uit die Karoo, Vrystaat, ander van die kus en so aan (ek is ook darem deesdae van dies wat op troues bedank word omdat hulle van ver kom ;-) ek & Pieter B is darem nog amper op dieselfde lengtegraad as SA, en dan is daar ouens wat dagreise ver van die Outback gaan kom!

Ek dink nie ons moet die Saterdag (en ek bedoel die hele dag!) die mense laat uitmekaarspat nie, dit gaan oor die mense, almal se dag, om bymekaar uit te kom en te kuier. Maar niks keer ons natuurlik om dievolgende dag te gholf, ‘n kop te gaan uitklim of wat ook al nie. Teen daardie tyd het ons dalk weer biki aksie nodig.

O ja – waarsku asseblief julle geliefdes: ons gaan ‘n hond uit ‘n bos kuier! As julle nou ook wil saamkuier op Facebook, kan ons intussen darem sien hoe lyk julle mense (verskoning, julle ook;-) en is ons nie meer volksvreemd vir mekaar nie. Behalwe nou vir die wat gladnie van my kan ontslae raak nie:
- Elsie vriendin, die bergklimvrou (Kyk bo-aan p14 Augustus WEG), wat alweer met dapper stapper die Walvis doen terwyl ek hier in die vreemde sit!
- Gerda dP (Tuinplaas), my st 2 buddy, wat nog al die tyd ‘n pad saam stap
- Magda, my vriendin vir wie ek elke 5 jaar gaan kuier in Louis Trichardt, die vriendskap het begin in die koshuis studiesaal
- Esme, veldskoolvriendin wat ek elke keer by die see raakloop en laas amper uit die bakkie geval het toe ek haar weer in Piandane raakloop
- Amanda, st 7 kammie
- En dan is daar natuurlik die van julle wat ek oral raakgeloop het, die selnrs veilig bewaar het en vir julle my ‘famous’ reunie sms gestuur het vir hierdie groot okkasie!

A! het julle nog die draad van die storie? ….weet ek (van Facebook nou, ouens;-) dat:
- die Pieters (B & dT) ook lief is vir kamp (ok ok Gerda, jy ook;-)
- SJ & Pieter (dT) onlangs pa geword het,
- ek vir VD (Gerhardt!) bang geskryf het;-).
- die Pieters net so effe onder ons uithol met die blogs en so aan (en dan vra hulle wat is in ‘n naam?), maar ons hou dapper by
- Wanneer ek eendag groot is, daar ‘n paar boervroue is wat my gaan leer boer!

Ek wil my nog op ‘n stadium verstout om te se dat dit al my jonger pelle is wat saam Facebook, maar miskien vir ‘n volgende keer ;-).

Arrie Warrie, tot ‘n vreeslike plesierige weersiens!
Marléne uit Qatar (vir die van julle wat my nie op die wereldkaart kry nie, die afrikaanse spelreel ‘u na die q’ geld nie hier nie, ons le reg wes van Dubai, reg oos van Bahrain, in die arabiese golf)…
Hallo daar.Agter os kom ook in die kraal.
Julle gesels so lekker n mens sou nooit se daar le 25jaar agter ons nie.Di's seker waar die gesegde vandaan kom ''Wat is n paar jaar nou tussen vrinne''of so iets.
Ek het darem so twee en n half jaar saam met julle great mense spandeer.Great tye.
Piet Bester jy praat van Rudi wat na skool lekker rugby gespeel het en dis baie waar.Ek onthou nog soos gister hoe jy beide sleutelbene opgeoffer het in daardie laaste wedstryd teen Tom Naude,ons wou darem graag wen.

Wanneer daar op n datum besluit is sal ek graag reelings vir die golf tref op Koro Creek.Ons het n erf daar en is uit die aard van die saak outomaties lid .Solank die golf nie te veel met die kuiertyd inmeng of wat se ek Jorrie.

Aan almal betrokke by hierdie great poging ,wel gedaan!Hoe anders sal dinge dan nou gebeur as
n paar briljante mense nie vastrap en dit net doen nie.

Tot ons weer gesels

Groete

Rick

Sunday, December 2, 2007

Skuus oor herhaling

Hi daar , ek vra groot onverskoning vir my 3 boodskappe wat 1 moes wees! my progra het gese my "message sending failed" en soos 'n skaap , 'n regte Vrystaatse skaap, het ek elke keer my boodskap oor-getik en gestuur!So nou het julle almal verseker genoeg van my gehoor en gaan ek bye-bye se voor julle my stenig!! xx Dorinda

Gesels uit Bultfontein, Vrystaat

Hallo aan almal, dis heerlik om al die briewe te lees! Esme het aan my die info gestuur. Lyk my dis net ek en sy wat in die Vrystaat bly. Dankie vir Marlene, Pieter en Engeline vir al die harde werk ! Ons wil graag kom, ons bekyk nog jou datums Pieter. My man en seuntjies is kranige gholfers so ek's bly Jacolette se die Nylstroomse baan is mooi! Ek KYK net gholf, veral as Trevor en Goose speel ! Mooi bly en baie groete, Dorinda (Geyer) Theron

Friday, November 30, 2007

Som totaal van....

Een en vyftig..... Die somtotaal van die opgewondenheid van 'n moontlike reunie! Ons is amper halfpad... nog nie reunie toe nie, maar om mense op te spoor. Gerda en Petra, 'n hengse dankie vir die foto en die naamlys. Jong Gerda, toe die foto land, toe begin die brein te hardloop, oor wie ek almal kon onthou en oor wie se name ek wonder en someer. Die gesigte "trigger" memories maar op die kort oomblik het die name verdof. Lekker gewees om te wonder. Petra, toe jou lys land was dit weer goed om name te koppel aan die wonder. Die "ag, maar natuurlik" het gereeld by my opgekom. Is dit 'n teken van die tye dat my geheue nou al 'n "kick start" nodig het???

Meer by die positiewe - annerdag êrens iets gelees van hoe ouer mens word, hoe wakkerder word jou langtermyn geheue en die korttermyn geheue raak al hoe meer wasig - vandaar dat rêrig ou mense dieselfde ding oor en oor vertel en nie kan onthou dat dit laas naweek al vertel is nie. Maar die dinge van die kinderdae - dit word altyd onthou - "weet jy my kind, toe Ouma so groot soos jy was....." (Dit alles ter stawing met peïteit aan my ma verleen) So, wat beteken dit? In die reunie konteks net dit - dat ek op die vyftig jaar reunie meer name van my klasmaats as van my werkskollegas sal onthou! Soos ek nou voel, wat 'n wonderlike gedagte!

Daar is so baie dinge wat ek wil sê - dinge wat in die kop maal oor die reunie soos wat ek almal se pos lees. Ek weet nie waar om te wil begin nie. Wees gewaarsku, deurmekaar sal hierdie brief gewis wees. Soos altyd, kom ons begin maar weg te tjip aan die blok.

Ek het die Google doc opgedateer en dit sien nou as volg daarna uit:
- Eerste blad vir die kontakte lys
- Tweede blad vir die "Wanteds"
- Derde blad vir die Klaslys - met vergunning van Petra - jong hierdie was great. Ek het die name voltooi wat ek kon, kontroleer maar of ek reg is.

Vir die wat nie Excel gewoond is nie - kyk onder aan die skerm as jy op die dokument is - daar is "tabs" wat vir jou die bladsye aandui.

Ek het die totale kontaktelys deur gegaan en almal het "sharing rights as collaborators" - almal wat tans mail adresse het. Ek het myself een keer vergat - om alles te probeer reg kry, min wetende dat al die probeerslae by almal uitkom. Dis nou die Google doc en die blog. Jammer daarvoor, ek vra omverskoning - as daar nie so baie belangstelling vir die reunie was nie sou ek gesê het, "ek maak reg met 'n bier op die reunie!" Maar helaas ek kan nie, my armgat budget laat veel te wense oor.

So van die storie gepraat - ek dink dis waar Pieter (Jarries) se "spam" ding vandaan kom. Ek dink ek het al voorheen genoem, hy is vir my 'n barometer in die besigheidswêreld. Twee dinge wat uiters belangrik is met die reëlings van die reunie - alle geval - om dit per e-pos te reël:

- dit moet maklik wees
- dit moet toeganklik wees
- definitief nie frustrerend wees nie.

Nou moet ek sê, ek het begin met 'n ding wat uiters frustrerend is - stuur 'n mail, maar "paste" dit ook op die blog - dit wil sê, elkeen kry dieselfde boodskap twee keer. Vir baie gaan dit nie saak maak nie, maar vir manne soos Jarries wat ongeveer 70 + essensiële mails per dag moet hanteer kan dit frustrerend raak. Dit mag nou dalk sinneloos vir baie klink - weet julle daar is 'n studie gedoen, kan nie bron onthou nie, ligte leesgenot - per ideale broadband neem dit jou steeds - van oop maak tot delete - 59,7 sekondes - sonder om werklik te kyk wat aangaan - net vir delete. Sou jy egter net huiwer en graag wil bevestig of kyk na die mail - styg die tyd na 2 minute 29.8 sekondes. Hierdie is nou sonder enige aanhangsels - as ons begin praat van aanhangsels gaan die tyd op na ongeveer 3 minute 17,3 sekondes. Dis nou even sonder om na die aanhangsels te kyk - as jy eers begin kyk na die aanhangsels skiet dit op na net oor die ses minute om weer te fokus op die werk. Nou vra ek jou, wanneer moet die mense werk!

Ha, en julle almal het gedink dit is rokers wat die mees onproduktiefste is! Spamlesers - g'n wonder die mense het so 'n hekel daarin nie..... Nou is ek slapgat, help nie om te verwys na die mense nie - EK - ek het 'n hekel daarin! Dit frustreer my dood. As iemand by die werk durf waag om vir my 'n "Youtube" link of 'n .ppt te stuur.... wel kom ek sê so... die harmonie vir die dag is nie meer so positief soos toe ons die oggend koffie gedrink het nie.

My maggies.. wou sê bliksem... wou dit egter reeds laas keer ook sê, hier waar ek is, bliksem en donner is nie vloek nie - maak nie saak in watter konteks dit gebruik word nie. Nee, o, donner. Nou gaan ek dit sê! Ek het nou al vier dinge op "geline" waaroor ek wil praat en net as ek by die een wil begin dan "pop" die volgende een in my gedagtes op.

Begin maar weer so uit die kop uit - die rokery - 'n sigaar so nou en dan na 'n goeie ete is nie te sleg nie, iets wat ek maar hier kom leer en aanvaar het. BE nogal bekend vir die rol van sigare - Tulbagh, sê maar vir Janneman hulle - nie vir die plant van tabak nie, net die rol van die blare.

Heng, gaan ek nooit versadig raak nie - storie vyf - ek wonder regtig hoe dit gaan met Rudie Toerien - een van die greatste boere wat ek ken - na skool seker die beste rugby van sy lewe gespeel en het almal 'n pit gedruk oor skole rugby. Ek het Rudie na skool sien speel en ook ervaar - een van die greater mense, ek dink Schalk Burger het sy "game style" op Rudie s'n gebaseer. 'n Rugby legende in die Bosveld! As jy die definisie van 'n Bosveld boer soek - soek nie veel verder as Rudie nie.

O.ja, vinnig 'n ander ding - die donner storie - die skoolhoof by die kinders se skool se naam is Johann de Donner - dis rêrig sy naam, nie lelik hier nie. Goed, terug by die tjip van die blok af - ons trek by gedagte vier:

As daar nou een mens is wat regtig baie doen om hierdie ding 'n sukses te maak is dit Marléne. Heel besadig, dog pittig, besig om almal op te kommandeer vir die groot dag. Haar efforts is eindeloos - Gerda doen dieselfde in SA. Vlakte water........!

Kyk, as daar nou en plek is waar jy nie moet lieg of nie moet weerspreek nie is dit hier.... ek kan glad nie onthou wat het ek vir wie wanneer gesê en wat het ek waar in die algemeen gesê nie - Marléne het my gelukkig eendag getroos en gesê mens spoil nie goeie stories met die waarheid nie. Ek is nie eintlik een vir skryf nie, te veel dinge wat te veel in my kop maal, maar 'n redelike deurmekaar kop vol van klomp goete. Ek sê nou die dag vir Elsie, skryf is 'n redelike effort wat nie goed afgaan nie. As dit 'n gewoonte moes wees sou julle klokslag elke keer 'n brief gekry het - helaas, nie uit hierdie huishouding nie. Gewoontes kan ek nie veel aandag aan gee nie - ek moet fokus op maniere om dinge te doen. Gewoontes hou aan solank dit nie effort is nie - maniere bly omdat dit behoefte is, maak dit sin?

Ek dink in een van my eerste mails het ek probeer om "timelines" vas te stel - om 'n indikasie te gee van wat teen watter tyd moet gebeur. Om te recap - dit was as volg:

"Timelines going forward": Kontaklys uitbou tot Oktober.
Oktober op die laatste die "site" gallopende hê - hetsy blog, Facebook/My Space of wat ookal.
Desember - volledige klaslyste op die site te hê dat ons dit kan begin "populate" met kontakbesonderhede en wie die reunie wil bywoon.
Januarie - datum vas maak en plek bespreek.
Junie/Julie - die cherry op die koek.
Dit is nou begin Desember - ek dink ons was regtig geseënd om met so min moeite so ver te kom soos wat ons nou is. Die reaksie was wonderlik! Die "site" wat eventually nog nie gallopende is nie, (darem drawwende) is ook aan die gang. Danksy Petra, begin ons om die lys name te finaliseer - gelukkig is Pieter (du Toit) en SJ reeds op die lys, al is hulle nie op die foto nie. Petra, dink jy dit is moontlik vir ander lyste, foto's, ens.? "All in all" is ons redelik in plek met al die beplanning. Daar is egter 'n fyn balans waarop gefokus moet word en dit is waar mense seëvier bo plek. Ons het nog nie naastenby genoeg "response" gekry van almal af nie - ek het in die begin afgeskop met 'n droom van - ons was 108 - sal lekker wees om ten minste 75 van die span daar te sien. My droom was verkeerd - ons was nader aan 120 - ongeag - ek bly by my getal - ek sal graag wil sien dat ons ten minste 75 Nylies bymekaar sal wees.
Die mense / plek storie - ek is net bang ons fokus nou op al die lekker van die hele party en vergeet skoon om effort in te sit om by van die ander uit te kom. Almal raak opgewonde en kyk van die ander mense mis. Het ons regtig probeer, uit ons hart uit, om met almal kontak te maak as 'n groep? Ek vir een, weet ek, het nog nie al my effort ingesit nie. Ek dink aan ouens soos Frans Rossouw, met effort, kan ek hom dalk opspoor, Ansie Naudé, 'n familielid van een van my pelle. ( Weet net nie watter pel nie, kan nie onthou nie, die paar wat ek nou al gevra het, kyk my aan asof hulle mal is - let wel nie ek mal is nie.) Koedoe Pretorius - hy is in Pietersburg, ek kan hom ook nader vir paar mense. Patrick Scannell, ek mis hom nogal, as ek regtig effort insit moet ek hom kan opspoor.
Ongeag dit, die fyn lyn, mens moet ook reg begin beplan, help nie mens het al (genoeg) van die mense, maar geen plek nie. Kom ons maak maar solank die plek vas en begin boek vir 'n sekere datum. Hoekom eers plek, dan datum? Plek gaan bydrae oor die sukses van die hele aangeleentheid. Hier gaan insette nou begin belangrik word. Ek is 'n "Gerda fan" en hou baie van die kamp idee. Soek in elk geval tyd waar Wittes en Tracey teen mekaar moet skuur! "All in all" dink ek Weesgerus is nie te sleg 'n idee nie. Die wat hou van kamp, kamp - die wat hou van chalet, chalet, die wat hou van hotel, Shangri-La of Koro Creek. Alles is bymekaar. (Hotel nie te ver - en die golf ding is langs Weesgerus - meer daaroor netnou!)
Weesgerus gaan vir ons die opsie bied dat:
- Ons Vrydagaand kan saam kuier in 'n Lapa - bring en braai - jy kan so laat kom as wat jy wil
- Golf Saterdagoogend, of lekker brunch vir die wat wil - net kuier en sosiaal wees
- Saterdagaand - 'n lekker ete in een van die sale
- Sondag een of ander tyd - ete en vertrek.
Ons kan ook seker nog 'n "onthou jy nog" toer in werk skool toe?
Hierdie is my voorstel en oop vir oortuiging en verandering - ek en my vrou het ons troue 'n naweek troue daar gemaak, omtrent die hele oord bespreek - goue tye!
Petra - ek weet hulle laat blokbesprekings toe - byvoorbeeld, ons kan die hele oord nou reeds bespreek vir 'n naweek in Julie of Augustus. (Ek weet die plek is baie vol bespreek - sekere tye tot twee, drie jaar vooruit) Die bookings word dan egter gesluit so twee maande voor die tyd - enige een wat dan nog nie bespreek het nie, verbeur sy kans en moet kompeteer vir bespreking in die normale mark. Ek was so twee jaar terug laas daar - weet nie of dit nog dieselfde is nie, kan jy dalk uitvind?
Die golf idee, Jacolette, great gedagte. Ook hieroor getob maar was te bang om dit te opper vir nog reelings. Dankie daarvoor. Ek neem aan kan almal wat wil golf speel kan hul name vir jou stuur en jy sal vasmaak met KoroCreek. Ek dink, gevoel gewys, ons sal nie meer as 6 x vier-hande wees nie. Drie hande vir die voorste nege vir afslaan tyd en drie hande vir die agterste nege. Dit sal ons help dat almal halfway house min of meer saam geniet en ook die 19de. Klaar paar lekker dinge in gedagte.
My voorstel - reël maar so dat die laer handicapps van die voorste nege en die hoër handicapps van die agterste nege begin.

Vir almal wat belang stel - stuur maar indikasie en julle handicapps vir Jacolette. O, ja, myne sommer nou - stel definitief belang - speel van "scratch" af.

Barry, vir jou, SJ en Pieter du Toit - ek vra omverskoning dat ek nooit eers regtig gaan kyk het na julle effort en kommentaar op die blog nie. Dis nou al eintlik geskiedenis, dis egter nog steeds lekeer om dit te sien saam met die voorstelle. Mag ek julle ook vra om leiding te neem met die verandering van die blog? Doen net wat julle wil - sit foto's by, verander templates, kleure en someer. Die ding kan in elk geval nie gecrash word nie.

Die idee van die reunie - dis niemand s'n spesifiek nie - ek dink dis meer 'n gesamentlike behoefte. Nie van tyd terug te wens nie, maar tog van identitiet, nostalgie, behoort en 'n mate van passie. Wat sê ek, enige iemand, moet nie huiwer vir insette of voorstelle nie - vat eienaarskap en help om die ding deur te voer, dit gaan great wees.

As Wolla net uit sy gat wil kruip en kan sê waarmee hy kan help - dan weet ons waar om te gaan - dalk is daar beter idees van sy kant af - ek weet daar gaan wees. Iemand, voer die man sout asb!!! Dis nou na aanleiding van Marléne se wonderlike beskrywing. Al die res dink ek sal seker vergestalting vind tydens die braai wat julle wil hou om reëlings te tref. Onthou net om almal op hoogte te hou.

Ek is nog nie klaar met alles nie - moet egter kaste bou saam met die kinders. Praat weer.
(Sjoe, amper vergeet ek, of het ek genoem - ek speel van "scratch" af Jacolette, let wel - nie 'n "scratch" af nie - my "scratch" beteken elke keer as ek op die golfbaan kom begin ek weer van voor af - van "scratch" af)

Ek sal later weer die brief lees om te kyk of dit sin maak - het regtig nie nou die tyd nie.

Opvolg sal dus volg.

Groete

Link vir die doc:

http://spreadsheets.google.com/ccc?key=p5P083h3PAcFMoc_4Bd48IA&hl=en&pli=1

Hoop hy wys ook op die hoofblad.

Sunday, November 25, 2007

Gesels, vanuit Qatar...

Jarries – hierdie is nie SPAM nie maar ‘n ‘bondelbrief’ ;-). As mens so ver van jou mense sit is baie goed geoorloof – en ons skryf dit darem met ons eie hande. En ja – ek stem saam, ons moet Pieter sover kry om ‘n boek te skryf!! Hy gaan genoeg he hierna vir ‘n goeie afskop!

Gerda- dankie vir die kleur klasfoto. Ons was darem vreeslik mooi & vreelik jonk, nog steeds vreeslik mooi! Ek het fluks weggespring en kyk hoeveel name ek kan onthou, maar ek dink dit gaan beter wees om die jaarbladfoto met name onderaan ook in die hande te kry – gaan die lewe besilis makliker maak! Ek het ook gisteraand gou gaan op SAReunited is – ‘n paar nuwe name sedert ek Pieter se boodkap gekry het in Augustus! Pieter B, het jy nog toegang daar? Gerda, ons het al Pieter van Rooyen se inligting …dankie Esme! En Janette se van is nou Fourie – goed gekies Janette!

Al die wat nie heeltyd saam was nie . – Engeline…en al die ander … jul kan mos nie help julle het so laat daar aangekom of moes vroeer weg nie? Was goed om vir Daleen (Hansen) Greeff weer na 10 jaar te sien,…en sy kom weer! Wat is ‘n jaar of twee in elk geval nou tussen vrinne, veral na 25 jr? Soos Barry se – julle het genoeg indruk gemaak … sal nou nie vir die ‘girls’ ook se dat hul stout was nie ;). Het na Engeline se nuus eergister vir Pieter van Rooyen, wie ek Kersoggend in Pretoria in die kerk gesien het maar toe nooit gaan groet het nie, gese: ‘Mens is so bang jy pla, maar na die nuus v Mnr Grimes vanoggend net weer besef: Ek gaan nooit weer sulke geleenthede laat verbygaan om net ten minste hallo te se nie….die lewe is te kort daarvoor!’

Nou ja – in diesefde trant as Pieter (dT):
Ek is Marléne en ek is ‘n Nylie ;-) … werk by ORYX ‘Gas to Liquids’ in Qatar, midde ooste, 31/2 jaar al. Die maatskappy (49% Sasol) maak omgewingsvriendelike diesel uit aardgas (die plaas bly maar deurslaan, ne;-). Die ingeneurs sukkel maar met my – nog steeds meer geinteresseerd in die baba flaminke wat in die soutpanne om die aanleg kom waad as in ‘n proses waar jy aardgas & suurstof meng, was kraak en diesel maak! Vir die wat braaf genoeg is (veral in die somer ;-)- dit word met tye tot 55°C) om hier te kom oorstaan – welkom, Gerhard is reg … op ons ouderdom is dit wie jy ken…!

Ons kan darem 7e laan & rugby hier kyk, en hou so een maal per jaar Boeresport (Hier is amper 4000 Suid Afrikaners).

Vir die wat nog nie wil saamgesels nie: ek se eenmaal moedeloos vir iemand dat ‘n mens ‘n perd tot by die water kan bring maar nie kan dwing om te drink nie, waarop die toe droog antwoord: ‘Het jy die perd al sout gevoer?’ Vir die wat so nou en dan so hand sout uithou … dankie!

Die pre-reunie klink bakgat. Soos Pieter B se: skink maar ‘n rooietjie asb, shiraz of cabernet, en laat ons weet wanneer dat ons dit darem in die gedagte met julle kan meemaak!


Arrie Warrie - tot weer gesels

Thursday, November 22, 2007

Besonderhede bygevoeg op die lys

Hallo almal,

Ek het gister Hentie se kantoor en Wolla op sy sel geskakel , net om die volgende uit te vind:

Wolla is reeds gelys met sy vrou se epos adres (dankie Esmé).
Hentie is tans in die hospitaal, ek't nie 'n idee waarvoor nie, maar ek het sy epos adres by sy ontvangsdame gekry en bygevoeg.

Ek het verder vir Thomas Gunning vroeër 'n boodskap gelaat by sy praktyk, maar hy het nog nie na my toe teruggekom nie.

Gerhard, jou besigheids-netwerk-opmerking is baie waar, waarvoor werk ons so hard om netwerke te bou as ons saam met al die regte mense op skool was!?! Count me in!

Fantastiese dag vir almal verder!

Tuesday, November 20, 2007

Nog praat

Hartlik almal!

Nee wat, hierdie bus is op pad. Geen bekommernis nie. Ons is nog nie op "big dipper" spoed nie, maar vinnig besig om op te bou en sal dit seker teen so volgende jaar, Maart - April - Mei se koers te hê. Dan sal ons "peak" soos die Bulls in 2007 se Super 14 "gepeak" het voor die eindstryd. (Maggies, hulle was darem gelukkig. Let wel - gelukkig, nie goed nie, net gelukkig) Vir die wat vergeet het, daar het julle dit nou weer as tere herinnering. Bester was nog nooit 'n Bul nie - was nog nooit my span nie. Ongelukkig (eintlik gelukkig) met 'n Blou Bul vrou getrou en moet nou die kinders as Bulle groot maak.

Wel, om aan te karring met die paralelle.... as ons teen Mei maand kan "peak" en voort stoom tot deur die reunie naweek, glo ek dit sal werklik 'n groot sukses wees. 'n Soete dag, soos dit vir party van ons was in die 2007 Super 14! (So na, om en by 40 jaar wel 'n os geword - vir die wat weet van paralelle trek)

Ek was vir die hele laasweek uitstedig en het met groot onsekerheid (verwagting) gewonder oor watter reaksie vir my wag op die tuisrekenaar se "e-mail inbox". Iemand het eendag gesê die onsekerheid is vir hom deel van die lekker van liedjies skryf / flieks maak / boek skryf..... ek kan nie onthou van wie ek dit gelees het nie, was of sanger, of regisseur, of skrywer. Alle geval, die gevoel is seker maar dieselfde vir almal. Ek was werklik onseker of almal die ding gaan gryp en hardloop. Of almal dieselfde behoefte daaraan het...... Marléne laat weet my toe so middel laas week sy het die kontakte lys begin opdateer met al die nuwe name wat bygekom het. Dit was 'n groot verligting en die opgewondenheid het soos 'n Tsunami begin bou. (Met haar eerste die sanger storie gedeel - wonder nou nog waar ek dit gelees het?) Ek het al skoon vergeet ek het die kontakte lys op die blog gesit - Marléne moes my daaraan herinner - partykeer doen en sê ek dinge wat ek self nie aldag eers van weet nie....

Die uitstedigheid - een van die dae was "well spent" waar ek die geleentheid gehad het om na 'n praatjie van Steve Farber te kon luister. Hy is baas van 'n groep in Amerika wat hulle besig hou met menslike ontwikkeling en so meer. Paar goeie boeke al geskryf, die man. Ek wil nie hier ingaan op sy spesialisveld nie - die wat weet van hom, sal weet waarvan ek praat. Alle geval, die een ding wat hy met ons bespreek het was vir my ongelooflik treffend en ek kon dadelik "relate" tot wat hy praat en pyle trek na ons reunie beplanning. Die man praat van 'n ding soos OS! M. Dit staan nou nie eintlik vir 'n formule nie, en ek kan dit in geen ander terme as die regte woorde verduidelik nie. Hy praat van 'n O, Shit! Moment. Onder andere dat mens sulke oomblikke moet soek en nastreef, Miskien meer daaroor vorentoe. Wat ek eintlik wil sê - die blik wurms storie waarna ek laas verwys het is darem regtig nie 'n goeie vergelyking van wat gebeur het nie. Dit was eerder 'n OS! M gewees. Julle weet, daai gevoel van.... wat de donner het jy nou weer gemaak! Hou vas en ry die ding uit!

Wat wil ek eintlik sê? Weet self nie, maar wat soos 'n paal bo water staan - vandat die eerste pos begin loop het, het elkeen 'n bydrae gemaak tot hierdie OS! M en elkeen se bydrae maak dit spesiaal - vir almal. Wat meer kan mens sê - die stomp gesaagde woorde (is dit afgesaagde?) van dit word baie waardeer is darem holler as hol vir elkeen se bydrae. Kom ons "nurse" hierdie gevoel van die OS! M, bou dit selfs meer uit en gaan voluit tot die reunie.

Jong, hierdie kop is lekker deurmekaar. Probeer nou weer hier bo lees wat ek wil sê, waarby ek wil uitkom, wat ek wil verduidelik, wat ek wil vra, maar die woorde wil net nie agter mekaar val soos dit moet nie. 'n Brabbelende Bester wat nog nooit tot die punt kon kom nie. Almal praat van almal wie se besonderhede hulle by mekaar kan kry. Ek loop heeltyd met die ding om te sê ek kan darem ook 'n stuiwer bygooi, maar vergeet elke keer om dit te noem. (Praat van deurmekaar.) Ek weet waar Janette Wierenga is, maar kom net nie sover nie. Slaan my dood - ek het haar trou van vergeet - ek weet haar man is Stephan? Alle geval - sy is een van daai mense wat vir Manto 'n pit gedruk het en die apteke kook nog daar in Pietersburg. Ek sal my suster vra om haar adres te kry dat sy ook op die wa kan klim. Pietersburg, nie Polokwane nie - jong, ek sny dun, hierdie is nie 'n plek vir politiek nie, maar ek moes darem net sê - dis Pietersburg. Polokwane val sagter op die tong en die oor, maar dit is Pietersburg - vir die kinders se wortels.

Net om gou weer toue bymekaar te sit en te draai vir die knoop. Die volgende mense is "ge ID" wat tans blykbaar "traceable" is, maar wie se kontakbesonderhede nog nie ontvang is nie. Vir die wat gesê het hulle weet waar om die mense te kontak...., maak so. Laat weet ook sommer wie word op hoogte gehou, al het hulle nie op die oomblik mail adresse nie. Ons sit hulle name ook op en voorlopig in die "Ander kontak detail" kolom die naam van die persoon wat hom/haar inligting gee. So van die ander kolom gepraat - Marléne, dit wat jy doen is onskatbaar. Die lys, die opoffering van aanstaande jaar se vakansie..., ek hoop hierdie reunie sal vir jou darem ook so spesiaal wees soos die vakansie sou wees. Pieter (du Toit) dankie vir die "update" - dit wys darem, almal het "sharing rights" tot die lys. Dankie ook vir die Facebook "invite". Soos ek gesê het, kom net bietjie min daarby uit, maar sal regtig meer effort insit. Wees gewaarsku, dis soos gholf - as die ding jou behoorlik byt los hy nie maklik nie.

O ja, nou vir die lys: (Klaar weer ver weg daarvandaan - net gou nog iets - die Kontakte lys is intussen verander na naamsgewys alfabeties. Lees en vergelyk net makliker.)
Janette Wierenga
Thomas Gunning
Jannie Breytenbach
Christo van Rooyen
Jorrie Jordaan
Hentie Grové
Bielie Erasmus
Walter Pretorius
Johan Basson
Pieter van Rooyen
Heleen van der Merwe (nou Robberts)
Engeline Nel
Susan Lombard
Elsabé van der Heyde
Wolla Prinsloo
Dorinda Geyer

As ons hierdie span se besonderhede kan bysit is ons amper halfpad. Dit WIL gedoen word, hoor! Ons kan amper begin reëlings tref vir datum en plek vasmaak en someer. Esmé praat juis van Wolla wat funksies reël by 'n plek in Pretoria. Dalk gebeur dinge makliker as wat ons almal gedink het - ek wens nou net Wolla wil uit die gat kruip en op die wa klim dat hy kan vertel wat hy ons kan bied. Ek raak sommer klaar opgewonde. (O, ja Gerda, paar keer probeer om vir Evert in die hande te kry - geen sukses - dalk ander kontakbesonderhede asb?)

Soos met alles in ons lewe, moet ons bietjie kan stil staan ook om "stock" te vat vir al die seëninge wat ons God vir ons gee. Die lewe het al sy skerp kant vir ons almal gewys en ons harte het al almal gebloei. Vir ons, as oud Nylies, is dit belangrik om herinnering te doen aan Gerhard van der Heyde wat al weg geval het. Elsabé, jammer vir die krap, (julle was nog tweeling ook) die seer bly seker maar altyd daar - is ek reg as ek sê dit was 'n motorongeluk waarin Gerhard oorlede is so om en by tien jaar terug? Die krap is nie lekker nie, maar ek dink ons kan dit tog noem vir mekaar - dat ons net weer kan besef, ons is geseënd om asem te haal. Dis iets wat aan ons geskenk is, nie om net te kan lewe nie, maar om doelgerig te leef!

Jong, lyk my die "Blog ding" wil nie eintlik van die grond af kom nie. Kan ek maar uittreksels van almal se briewe vat en copy en paste op die blog? Net om darem te wys daar is lewe op die blog ook? Barry, hou nou op beloftes maak tussen jou en Louis - kry die jaarboek en foto's elektronies en stuur maar aan laat ons kan sien of ons dit op die blog gesit kan kry - dit sal dalk maak dat meer mense die plek wil besoek - die blog lyk in elk geval baie ylerig op hierdie stadium. (pdf behoort seker te werk.) Petra, ek weet nie wat regtig op Nylstroom by die skool aangaan nie en gaan jou offer opvat. Wil jy hulle nie bel en vertel wat ons beplan om te doen nie. Hoor bietjie by hulle of hulle iets in die argiewe het - mens weet nooit - dalk het iemand al hulle argiewe elektronies laat stoor, dan hoef ons nie eintlik die wiel twee keer uit te vind nie.

Terug by die plaas van uittreksels van pos op die blog - dis nou natuurlik nie die kommunikasie tussen Pieter en Charl nie.

Ek dink in elk geval almal het nou begin ritme kry met die e-pos storie, dan is daar nog die blog ook wat staan en bewe om aan die gang te kom. Ek dink nie ons gaan aangaan met die SAReunited ding nie aangesien dit geld kos - namesdatabase - kon ook werk, maar ek dink die kontaktelys gekombineerd met die e-pos/blog werk goed genoeg.

Net weer die blog adres:

http://boepensenblom.blogspot.com/

En die kontakte lys se link:

http://spreadsheets.google.com/ccc?key=p5P083h3PAcFMoc_4Bd48IA&hl=en&pli=1

Ek sien Japie wil begin braai reël om te beplan vir die reëlings.... ek is bietjie ver om 'n tjoppie op te gooi, maar ek het lanklaas so 'n sinvolle idee gehoor! Lanklaas - ek is in België waar so iets nie eintlik in die manne se verwysingsraamwerk val nie en sinvol - geen beplanning is so lekker soos om 'n vuur nie. Vir die wat gaan deel neem - drink een op ons ander ver van die huis ook asb!
Vir eers is dit dan dit - die son kom al amper op.

Pieter

Sunday, November 11, 2007

Adresse wat nie werk nie

Pieter (du Toit) / Barry

Tussen julle, kyk asb of julle nie 'n ander adres van Gerhard van der Wewsthuizen kan kry nie. Die huidige een bestaan glad nie.

Karel Burger s'n dieselfde - vir die wat met hom kontak het - ek en hy het paar keer gekorrespondeer maar die mail is nou nie meer geldig nie - hy het seker van adres verander.

Dankie

Raad asb.

http://www.news24.com/Beeld/Home/

Mens moet tog 'n link kan maak waarvandaan jy op ander websites kan ingaan, dan nie?
http://www.youtube.com/watch?v=A4k5is-1XoU