Saturday, February 2, 2008

Oor Uitpraat & Ouer word

Vir julle almal: ‘n Baie mooi 2008! ‘Belated’ – soos die mense hier dit so mooi sê! Dit gaan ‘n mooi jaar wees as die 83 Oesjaar weer gaan kuier! Ek is terug van ‘n wonderlike breuk in Oman – eintlik ook al ou nuus, by vriende gekuier, seeskilpaaie gaan kyk, fosfor in die golwe gesien, geseil, gesnorkel, gekamp en geslaap op die strand op die hoogwatermerk met springgety. Het weereens besef dat die lekker goed nie die duur goed is nie. Veral nie.

Vir die wat dink ek is vreeslik geselserig, ek was nog altyd, ‘undercover’. My kids is nog erger, ongelukkig nie ‘undercover’ nie;-), dus maar ‘n besige huishouding. Hulle is ‘n blonde, bekkige, besige tweeling, al amper 13: Anika (oudste) en Renier (15 minute jonger as sus, hy hoor dit elke dag). Hulle hou my besiger as my werk, ek is mal oor hulle! Hulle doen alles wat lekker lyk gelyk, en ma moet byhou!

Doha, die hoofstad waar ons bly, in SA terme dalk eerder ‘n dorp, lê teen die see, humideite soms 95%. Vir die Bloemfonteiners, die wat Bloem ken sê Doha is soos Bloem by die see. Jorrie, ons eet dan mieliepap hier teen die see! Dat dit van SA ingevlieg word, moet ek darem bysê. Almal wat kom kuier moet mieliemeel, biltong & Mrs Balls saambring. En Barry: ek sal jou sowaar kan insmokkel in Qatar: van Vuren! Familie kan maklik kom kuier. As jou name/ van / dele van jou van / vrou se name of van enige ooreenkomste het met myne, is jy in, maklik (hulle is nie baie vol fiemies as dit by spelling kom nie). Die res sal ek moet onderhandel, Erin Bronkowitch styl (ek het al!). Barry, ek weet nie watse probleme hulle jou gegee het met die oorstanery nie, die ouens hier is maar lekker vol nonsens- nog glad nie ingestel op toerisme nie. Maar wanneer ek julle nou insmokkel (nie as nie!)- vir tydverdryf seil ons in die arabiese golf, sandboard, ry duine & snorkel. Dat jou oë 2 dae na so sandboard jollery nog steeds krap van die sand, al skrop jy hoe, moet julle maar self kom uitvind! Shop in die Souqs ook, die goud/juwele souqs hier is enige vrou se droom ;-), goedkoop, uitstekende vakmanskap. Alkohol verdraagsaamheid zero! Petrol R1.60/liter!

Wolla – sjoe maar dit is goed om van jou te hoor!! Ek kan briewe vol skryf oor al die prêt wat ons gehad het. Jy was ‘n great pel – altyd reg vir sports! Jy praat so van die wiskunde jong: ek droom nou nog ek daag onvoorbereid op vir wiskunde eksamens. Janette (Wieries) moes geduldig in die koshuis na bedtoegaantyd alles oor en oor verduidelik!!

Maar nou eers weer biki reunie gesels: ons kort nog baie mense! Hoop dit was net omdat almal so lekker vakansie gehou het dat dit stil geraak het. Daar was gelukkig nog baie beloftes van name! Waar is Dirk Odendaal in die wereld- weet iemand? En julle kan maar weer begin gesels, jong … daar is nog baie wat niks vertel het nie. Elsie – wraggies vrou, ek gaan begin uitpraat ….! Ek het haar gewaarsku: ‘hierdie keer gaan ek van jou skinder – big time!! Ek gaan bylas & lekkerder maak – jy gaan skadeherstelling doen na die tyd!’ waarop sy toe antwoord: ‘Neeeeeee!!! Ek gaan jou VELLE aftrek!!!! .. I know stuff .. *wink .. wink*’ Nou moet ek eers net biki dink en besin;-).

Vir Engeline… vrou, dankie by voorbaat, laat weet as ons kan help met iets! Ek lees julle manne se eposse so: goeie projekbestuurders! Nou kan ek vlugkaartjies bevestig, YOHOOO! En wraggies Piet, of moet ek nou uit die kas klim en sê ;-), jy is ‘n man so na my hart. (Het die man net vriendelik herinner aan sy oorpronklike projekplan). Ek kan darem met julle deel dat die kaste/ boekrakke in die Besterhuis gebou is … het gesien op skype een oggend! Ook ‘n klein biki ouer weergawe van Pieter! En sy kinders wat koffie aandra! Die man is besig. Voel amper nederig dat hy iets so groot soos hierdie reunie afskop ook nog inpas in daardie skedule!

O ja – wou nog verduidelik van die psige van ‘n Xpat. Ek het vir Janette ook gesê: ‘gesels met pelle, oral, is lekker…’ ENIGE nuus, van ‘n eerste wisseltand , ekstra diere op die plaas, load shedding en en en … Daarom dat ons so lekker briefskryf en skype en facebook… So vergewe die knaendheid, asseblief (net ‘n gewone asseblief ;-) Vir die van julle vir wie ek nou al met my eie vingers getik het (en fotos gestuur het!) en nog NIKS gehoor het nie….???
(Vir die van julle met die golf psiges, Kobus Greyling is ook nou op die lys – bestuurder by ProShop, naby Menlyn! Kobus, komissie betaalbaar in KWV Roodeberg Cabernet, dankie!)

Eers biki oor ouer word (let wel, nie oud nie) Sommiges van julle lyk nog nes 25 jaar terug (dankie Amanda)…
Ek hoor Jarries praat ook van alles wat so rondgeskuif het. En het self hier in die oujaar vir Annatjie gesê: ‘gelukkig pof die molligheid van die plooie uit! Nou ja: solank elke merk, plooi en wat ook al saam met die jare gekom het, darem ook met ‘n edel, mooi, lekker herinnering gepaard gaan! Ek hou van quotes, hierdie een sê
"Years may wrinkle the skin, but to give up enthusiasm wrinkles the soul."

Samuel Ullman
1840-1924, Educator, Writer and Poet
So bek moet stroop kry. So verskyn ek laasjaar (nee wag, dis nou al meer as dit!) in Mosambiek op die strand met ‘n bikini, waarop my kinders v my sê: ‘Maar MA, dis social suicide vir ons!’ hehe. Hul het al baaaie goed gedoen wat social suicide was vir my. En terwyl ons nou so afstorm in die pylvlak van die lewe, soos Paulus vir ons in die Bybel vertel, is daar darem nou nie te veel tyd om in ‘n spieel te kyk nie, of wat praat ons alles?

Almal het nog steeds nie toegang tot ‘n ‘blog’ of ‘ggroup’ nie, so ek gaan stout wees en weer ‘n e-pos bondelbrief stuur wat ek op die blog en ggroup ook sal publiseer (jammer boere & boerinne). Jacolette, daar lê fotos op facebook rond van so 6 van ons .. jy kan daar gaan loer … Weet dat fotos die eposse biki lywig kan maak, anders het ek hulle gegooi;-). Laat weet wat julle ouens dink! Dalk kan die slimmes op die blog/ggroup verduidelik hoe publish ons fotos daar, ‘n stap vir stap asseblief, want van ons is blond ook!

Genoeg gebabbel, moes darem vir julle ander ook ‘n beurt te gee om te gesels! Mooi bly vir eers!

Marléne

No comments: