Sunday, November 25, 2007

Gesels, vanuit Qatar...

Jarries – hierdie is nie SPAM nie maar ‘n ‘bondelbrief’ ;-). As mens so ver van jou mense sit is baie goed geoorloof – en ons skryf dit darem met ons eie hande. En ja – ek stem saam, ons moet Pieter sover kry om ‘n boek te skryf!! Hy gaan genoeg he hierna vir ‘n goeie afskop!

Gerda- dankie vir die kleur klasfoto. Ons was darem vreeslik mooi & vreelik jonk, nog steeds vreeslik mooi! Ek het fluks weggespring en kyk hoeveel name ek kan onthou, maar ek dink dit gaan beter wees om die jaarbladfoto met name onderaan ook in die hande te kry – gaan die lewe besilis makliker maak! Ek het ook gisteraand gou gaan op SAReunited is – ‘n paar nuwe name sedert ek Pieter se boodkap gekry het in Augustus! Pieter B, het jy nog toegang daar? Gerda, ons het al Pieter van Rooyen se inligting …dankie Esme! En Janette se van is nou Fourie – goed gekies Janette!

Al die wat nie heeltyd saam was nie . – Engeline…en al die ander … jul kan mos nie help julle het so laat daar aangekom of moes vroeer weg nie? Was goed om vir Daleen (Hansen) Greeff weer na 10 jaar te sien,…en sy kom weer! Wat is ‘n jaar of twee in elk geval nou tussen vrinne, veral na 25 jr? Soos Barry se – julle het genoeg indruk gemaak … sal nou nie vir die ‘girls’ ook se dat hul stout was nie ;). Het na Engeline se nuus eergister vir Pieter van Rooyen, wie ek Kersoggend in Pretoria in die kerk gesien het maar toe nooit gaan groet het nie, gese: ‘Mens is so bang jy pla, maar na die nuus v Mnr Grimes vanoggend net weer besef: Ek gaan nooit weer sulke geleenthede laat verbygaan om net ten minste hallo te se nie….die lewe is te kort daarvoor!’

Nou ja – in diesefde trant as Pieter (dT):
Ek is Marléne en ek is ‘n Nylie ;-) … werk by ORYX ‘Gas to Liquids’ in Qatar, midde ooste, 31/2 jaar al. Die maatskappy (49% Sasol) maak omgewingsvriendelike diesel uit aardgas (die plaas bly maar deurslaan, ne;-). Die ingeneurs sukkel maar met my – nog steeds meer geinteresseerd in die baba flaminke wat in die soutpanne om die aanleg kom waad as in ‘n proses waar jy aardgas & suurstof meng, was kraak en diesel maak! Vir die wat braaf genoeg is (veral in die somer ;-)- dit word met tye tot 55°C) om hier te kom oorstaan – welkom, Gerhard is reg … op ons ouderdom is dit wie jy ken…!

Ons kan darem 7e laan & rugby hier kyk, en hou so een maal per jaar Boeresport (Hier is amper 4000 Suid Afrikaners).

Vir die wat nog nie wil saamgesels nie: ek se eenmaal moedeloos vir iemand dat ‘n mens ‘n perd tot by die water kan bring maar nie kan dwing om te drink nie, waarop die toe droog antwoord: ‘Het jy die perd al sout gevoer?’ Vir die wat so nou en dan so hand sout uithou … dankie!

Die pre-reunie klink bakgat. Soos Pieter B se: skink maar ‘n rooietjie asb, shiraz of cabernet, en laat ons weet wanneer dat ons dit darem in die gedagte met julle kan meemaak!


Arrie Warrie - tot weer gesels

1 comment:

Anonymous said...

Die perd storie

Jy kwel jou verniet oor die wat nie saamgesels nie. Van ons is maar perde van min woorde en hou maar eers die ding dop van die kant af. So gaan voort, ek geniet die kwinkslae en nuus.

Groete