Friday, November 30, 2007

Som totaal van....

Een en vyftig..... Die somtotaal van die opgewondenheid van 'n moontlike reunie! Ons is amper halfpad... nog nie reunie toe nie, maar om mense op te spoor. Gerda en Petra, 'n hengse dankie vir die foto en die naamlys. Jong Gerda, toe die foto land, toe begin die brein te hardloop, oor wie ek almal kon onthou en oor wie se name ek wonder en someer. Die gesigte "trigger" memories maar op die kort oomblik het die name verdof. Lekker gewees om te wonder. Petra, toe jou lys land was dit weer goed om name te koppel aan die wonder. Die "ag, maar natuurlik" het gereeld by my opgekom. Is dit 'n teken van die tye dat my geheue nou al 'n "kick start" nodig het???

Meer by die positiewe - annerdag êrens iets gelees van hoe ouer mens word, hoe wakkerder word jou langtermyn geheue en die korttermyn geheue raak al hoe meer wasig - vandaar dat rêrig ou mense dieselfde ding oor en oor vertel en nie kan onthou dat dit laas naweek al vertel is nie. Maar die dinge van die kinderdae - dit word altyd onthou - "weet jy my kind, toe Ouma so groot soos jy was....." (Dit alles ter stawing met peïteit aan my ma verleen) So, wat beteken dit? In die reunie konteks net dit - dat ek op die vyftig jaar reunie meer name van my klasmaats as van my werkskollegas sal onthou! Soos ek nou voel, wat 'n wonderlike gedagte!

Daar is so baie dinge wat ek wil sê - dinge wat in die kop maal oor die reunie soos wat ek almal se pos lees. Ek weet nie waar om te wil begin nie. Wees gewaarsku, deurmekaar sal hierdie brief gewis wees. Soos altyd, kom ons begin maar weg te tjip aan die blok.

Ek het die Google doc opgedateer en dit sien nou as volg daarna uit:
- Eerste blad vir die kontakte lys
- Tweede blad vir die "Wanteds"
- Derde blad vir die Klaslys - met vergunning van Petra - jong hierdie was great. Ek het die name voltooi wat ek kon, kontroleer maar of ek reg is.

Vir die wat nie Excel gewoond is nie - kyk onder aan die skerm as jy op die dokument is - daar is "tabs" wat vir jou die bladsye aandui.

Ek het die totale kontaktelys deur gegaan en almal het "sharing rights as collaborators" - almal wat tans mail adresse het. Ek het myself een keer vergat - om alles te probeer reg kry, min wetende dat al die probeerslae by almal uitkom. Dis nou die Google doc en die blog. Jammer daarvoor, ek vra omverskoning - as daar nie so baie belangstelling vir die reunie was nie sou ek gesê het, "ek maak reg met 'n bier op die reunie!" Maar helaas ek kan nie, my armgat budget laat veel te wense oor.

So van die storie gepraat - ek dink dis waar Pieter (Jarries) se "spam" ding vandaan kom. Ek dink ek het al voorheen genoem, hy is vir my 'n barometer in die besigheidswêreld. Twee dinge wat uiters belangrik is met die reëlings van die reunie - alle geval - om dit per e-pos te reël:

- dit moet maklik wees
- dit moet toeganklik wees
- definitief nie frustrerend wees nie.

Nou moet ek sê, ek het begin met 'n ding wat uiters frustrerend is - stuur 'n mail, maar "paste" dit ook op die blog - dit wil sê, elkeen kry dieselfde boodskap twee keer. Vir baie gaan dit nie saak maak nie, maar vir manne soos Jarries wat ongeveer 70 + essensiële mails per dag moet hanteer kan dit frustrerend raak. Dit mag nou dalk sinneloos vir baie klink - weet julle daar is 'n studie gedoen, kan nie bron onthou nie, ligte leesgenot - per ideale broadband neem dit jou steeds - van oop maak tot delete - 59,7 sekondes - sonder om werklik te kyk wat aangaan - net vir delete. Sou jy egter net huiwer en graag wil bevestig of kyk na die mail - styg die tyd na 2 minute 29.8 sekondes. Hierdie is nou sonder enige aanhangsels - as ons begin praat van aanhangsels gaan die tyd op na ongeveer 3 minute 17,3 sekondes. Dis nou even sonder om na die aanhangsels te kyk - as jy eers begin kyk na die aanhangsels skiet dit op na net oor die ses minute om weer te fokus op die werk. Nou vra ek jou, wanneer moet die mense werk!

Ha, en julle almal het gedink dit is rokers wat die mees onproduktiefste is! Spamlesers - g'n wonder die mense het so 'n hekel daarin nie..... Nou is ek slapgat, help nie om te verwys na die mense nie - EK - ek het 'n hekel daarin! Dit frustreer my dood. As iemand by die werk durf waag om vir my 'n "Youtube" link of 'n .ppt te stuur.... wel kom ek sê so... die harmonie vir die dag is nie meer so positief soos toe ons die oggend koffie gedrink het nie.

My maggies.. wou sê bliksem... wou dit egter reeds laas keer ook sê, hier waar ek is, bliksem en donner is nie vloek nie - maak nie saak in watter konteks dit gebruik word nie. Nee, o, donner. Nou gaan ek dit sê! Ek het nou al vier dinge op "geline" waaroor ek wil praat en net as ek by die een wil begin dan "pop" die volgende een in my gedagtes op.

Begin maar weer so uit die kop uit - die rokery - 'n sigaar so nou en dan na 'n goeie ete is nie te sleg nie, iets wat ek maar hier kom leer en aanvaar het. BE nogal bekend vir die rol van sigare - Tulbagh, sê maar vir Janneman hulle - nie vir die plant van tabak nie, net die rol van die blare.

Heng, gaan ek nooit versadig raak nie - storie vyf - ek wonder regtig hoe dit gaan met Rudie Toerien - een van die greatste boere wat ek ken - na skool seker die beste rugby van sy lewe gespeel en het almal 'n pit gedruk oor skole rugby. Ek het Rudie na skool sien speel en ook ervaar - een van die greater mense, ek dink Schalk Burger het sy "game style" op Rudie s'n gebaseer. 'n Rugby legende in die Bosveld! As jy die definisie van 'n Bosveld boer soek - soek nie veel verder as Rudie nie.

O.ja, vinnig 'n ander ding - die donner storie - die skoolhoof by die kinders se skool se naam is Johann de Donner - dis rêrig sy naam, nie lelik hier nie. Goed, terug by die tjip van die blok af - ons trek by gedagte vier:

As daar nou een mens is wat regtig baie doen om hierdie ding 'n sukses te maak is dit Marléne. Heel besadig, dog pittig, besig om almal op te kommandeer vir die groot dag. Haar efforts is eindeloos - Gerda doen dieselfde in SA. Vlakte water........!

Kyk, as daar nou en plek is waar jy nie moet lieg of nie moet weerspreek nie is dit hier.... ek kan glad nie onthou wat het ek vir wie wanneer gesê en wat het ek waar in die algemeen gesê nie - Marléne het my gelukkig eendag getroos en gesê mens spoil nie goeie stories met die waarheid nie. Ek is nie eintlik een vir skryf nie, te veel dinge wat te veel in my kop maal, maar 'n redelike deurmekaar kop vol van klomp goete. Ek sê nou die dag vir Elsie, skryf is 'n redelike effort wat nie goed afgaan nie. As dit 'n gewoonte moes wees sou julle klokslag elke keer 'n brief gekry het - helaas, nie uit hierdie huishouding nie. Gewoontes kan ek nie veel aandag aan gee nie - ek moet fokus op maniere om dinge te doen. Gewoontes hou aan solank dit nie effort is nie - maniere bly omdat dit behoefte is, maak dit sin?

Ek dink in een van my eerste mails het ek probeer om "timelines" vas te stel - om 'n indikasie te gee van wat teen watter tyd moet gebeur. Om te recap - dit was as volg:

"Timelines going forward": Kontaklys uitbou tot Oktober.
Oktober op die laatste die "site" gallopende hê - hetsy blog, Facebook/My Space of wat ookal.
Desember - volledige klaslyste op die site te hê dat ons dit kan begin "populate" met kontakbesonderhede en wie die reunie wil bywoon.
Januarie - datum vas maak en plek bespreek.
Junie/Julie - die cherry op die koek.
Dit is nou begin Desember - ek dink ons was regtig geseënd om met so min moeite so ver te kom soos wat ons nou is. Die reaksie was wonderlik! Die "site" wat eventually nog nie gallopende is nie, (darem drawwende) is ook aan die gang. Danksy Petra, begin ons om die lys name te finaliseer - gelukkig is Pieter (du Toit) en SJ reeds op die lys, al is hulle nie op die foto nie. Petra, dink jy dit is moontlik vir ander lyste, foto's, ens.? "All in all" is ons redelik in plek met al die beplanning. Daar is egter 'n fyn balans waarop gefokus moet word en dit is waar mense seëvier bo plek. Ons het nog nie naastenby genoeg "response" gekry van almal af nie - ek het in die begin afgeskop met 'n droom van - ons was 108 - sal lekker wees om ten minste 75 van die span daar te sien. My droom was verkeerd - ons was nader aan 120 - ongeag - ek bly by my getal - ek sal graag wil sien dat ons ten minste 75 Nylies bymekaar sal wees.
Die mense / plek storie - ek is net bang ons fokus nou op al die lekker van die hele party en vergeet skoon om effort in te sit om by van die ander uit te kom. Almal raak opgewonde en kyk van die ander mense mis. Het ons regtig probeer, uit ons hart uit, om met almal kontak te maak as 'n groep? Ek vir een, weet ek, het nog nie al my effort ingesit nie. Ek dink aan ouens soos Frans Rossouw, met effort, kan ek hom dalk opspoor, Ansie Naudé, 'n familielid van een van my pelle. ( Weet net nie watter pel nie, kan nie onthou nie, die paar wat ek nou al gevra het, kyk my aan asof hulle mal is - let wel nie ek mal is nie.) Koedoe Pretorius - hy is in Pietersburg, ek kan hom ook nader vir paar mense. Patrick Scannell, ek mis hom nogal, as ek regtig effort insit moet ek hom kan opspoor.
Ongeag dit, die fyn lyn, mens moet ook reg begin beplan, help nie mens het al (genoeg) van die mense, maar geen plek nie. Kom ons maak maar solank die plek vas en begin boek vir 'n sekere datum. Hoekom eers plek, dan datum? Plek gaan bydrae oor die sukses van die hele aangeleentheid. Hier gaan insette nou begin belangrik word. Ek is 'n "Gerda fan" en hou baie van die kamp idee. Soek in elk geval tyd waar Wittes en Tracey teen mekaar moet skuur! "All in all" dink ek Weesgerus is nie te sleg 'n idee nie. Die wat hou van kamp, kamp - die wat hou van chalet, chalet, die wat hou van hotel, Shangri-La of Koro Creek. Alles is bymekaar. (Hotel nie te ver - en die golf ding is langs Weesgerus - meer daaroor netnou!)
Weesgerus gaan vir ons die opsie bied dat:
- Ons Vrydagaand kan saam kuier in 'n Lapa - bring en braai - jy kan so laat kom as wat jy wil
- Golf Saterdagoogend, of lekker brunch vir die wat wil - net kuier en sosiaal wees
- Saterdagaand - 'n lekker ete in een van die sale
- Sondag een of ander tyd - ete en vertrek.
Ons kan ook seker nog 'n "onthou jy nog" toer in werk skool toe?
Hierdie is my voorstel en oop vir oortuiging en verandering - ek en my vrou het ons troue 'n naweek troue daar gemaak, omtrent die hele oord bespreek - goue tye!
Petra - ek weet hulle laat blokbesprekings toe - byvoorbeeld, ons kan die hele oord nou reeds bespreek vir 'n naweek in Julie of Augustus. (Ek weet die plek is baie vol bespreek - sekere tye tot twee, drie jaar vooruit) Die bookings word dan egter gesluit so twee maande voor die tyd - enige een wat dan nog nie bespreek het nie, verbeur sy kans en moet kompeteer vir bespreking in die normale mark. Ek was so twee jaar terug laas daar - weet nie of dit nog dieselfde is nie, kan jy dalk uitvind?
Die golf idee, Jacolette, great gedagte. Ook hieroor getob maar was te bang om dit te opper vir nog reelings. Dankie daarvoor. Ek neem aan kan almal wat wil golf speel kan hul name vir jou stuur en jy sal vasmaak met KoroCreek. Ek dink, gevoel gewys, ons sal nie meer as 6 x vier-hande wees nie. Drie hande vir die voorste nege vir afslaan tyd en drie hande vir die agterste nege. Dit sal ons help dat almal halfway house min of meer saam geniet en ook die 19de. Klaar paar lekker dinge in gedagte.
My voorstel - reël maar so dat die laer handicapps van die voorste nege en die hoër handicapps van die agterste nege begin.

Vir almal wat belang stel - stuur maar indikasie en julle handicapps vir Jacolette. O, ja, myne sommer nou - stel definitief belang - speel van "scratch" af.

Barry, vir jou, SJ en Pieter du Toit - ek vra omverskoning dat ek nooit eers regtig gaan kyk het na julle effort en kommentaar op die blog nie. Dis nou al eintlik geskiedenis, dis egter nog steeds lekeer om dit te sien saam met die voorstelle. Mag ek julle ook vra om leiding te neem met die verandering van die blog? Doen net wat julle wil - sit foto's by, verander templates, kleure en someer. Die ding kan in elk geval nie gecrash word nie.

Die idee van die reunie - dis niemand s'n spesifiek nie - ek dink dis meer 'n gesamentlike behoefte. Nie van tyd terug te wens nie, maar tog van identitiet, nostalgie, behoort en 'n mate van passie. Wat sê ek, enige iemand, moet nie huiwer vir insette of voorstelle nie - vat eienaarskap en help om die ding deur te voer, dit gaan great wees.

As Wolla net uit sy gat wil kruip en kan sê waarmee hy kan help - dan weet ons waar om te gaan - dalk is daar beter idees van sy kant af - ek weet daar gaan wees. Iemand, voer die man sout asb!!! Dis nou na aanleiding van Marléne se wonderlike beskrywing. Al die res dink ek sal seker vergestalting vind tydens die braai wat julle wil hou om reëlings te tref. Onthou net om almal op hoogte te hou.

Ek is nog nie klaar met alles nie - moet egter kaste bou saam met die kinders. Praat weer.
(Sjoe, amper vergeet ek, of het ek genoem - ek speel van "scratch" af Jacolette, let wel - nie 'n "scratch" af nie - my "scratch" beteken elke keer as ek op die golfbaan kom begin ek weer van voor af - van "scratch" af)

Ek sal later weer die brief lees om te kyk of dit sin maak - het regtig nie nou die tyd nie.

Opvolg sal dus volg.

Groete

Link vir die doc:

http://spreadsheets.google.com/ccc?key=p5P083h3PAcFMoc_4Bd48IA&hl=en&pli=1

Hoop hy wys ook op die hoofblad.

No comments: